Brei vir julle almal pantoffels met oorskietbreidraad. Dit hoef ook nie dieselfde kleur te wees nie. Hoe bonter hoe mooier.
Die aanwysings is vir DK, maar jy kan enige breidraad wat jy beskikbaar het, gebruik. Meet weer jou voet van hak tot toon. Vergelyk met skets: jou voet pas van bokant van blokkie 1 tot aan onderkant van blokkie 6. Knip vierkante daarvolgens uit papier, meet hoe breed die blokkie is en bepaal hoeveel steke jy daarvoor moet opstel (sien Hoeveel steke?). Brei eers ‘n toetslappie.
LEES OOK: Brei pantoffels in een stuk
Benodigdhede
- Enige DK-breidraad
- 4 mm-naalde
Groottes
- 1-3 jr (ongeveer 16,5 cm lank)
- 4-8 jr (ongeveer 20 cm lank)
- ouer kinders en vroue (ongeveer 24 cm lank)
- mans (ongeveer 28 cm lank)
LEES OOK: Brei sloffies vir die winter
Hoeveel steke?
- Met DK sal jy ongeveer 12(14;17;20)ste opstel.
- Brei 7 vierkante van ongeveer 5,7(7;5,25;9,5)cm
- Werk vierkante aanmekaar soos op skets aangedui. Werk aanmekaar A en B, C en D, E en F, G en H, I en J, K en L, M en N.
Diagram
Christa is sedert Oktober 1999 deel van die Vrouekeur-span en geniet steeds elke dag haar werk as taalversorger. Sy is mal oor haar kinders, kleinkinders, brei en lees en sommer die lewe in die algemeen. Sy moet net keer …