Sulke wollerige truitjies is hoogmode en vreeslik maklik om self te brei
Deur Christa Swanepoel
Moeilikheidsgraad: *
Wat het jy nodig?
1 5 balle Elle Fleckle DK (50 g-balle) in Bice 056
4 mm-naalde
Afkortings
rs – reksteek; st(e) – steek (steke)
Mate
Werk dit soos volg uit vir die grootte wat jy wil brei: Spanning = 20 ste per 10 cm Ruggedeelte (A) Meet rug van skouerknop tot skouerknop (byvoorbeeld 40 cm) Jy sal dus 40 ÷ 10 x 20 steke opsit = 80 ste Voorpante en kraag (B) Min of meer 2/3 van agterpant se breedte (byvoorbeeld 50 ste)
Aanwysings
AGTERPANT Stel jou hoeveelheid ste op vir A en brei in rs so lank jy jou truitjie verkies (die een op die foto = 40 cm). Heg af. VOORPANTE EN KRAAG Stel hoeveelheid ste op vir B en brei in rs so lank soos sykant, bokant en volgende sykant (40 cm + 40 cm + 40 cm = 120 cm). Heg af.
Om te voltooi
Vou voorpante en kraag in helfte, plaas vou in middel van agterpant bo en werk vas tot op hoeke van agterpant. Laat weerskante sowat 20 cm oop vir mousgate en werk verder weerskante vas tot onder.
Christa is sedert Oktober 1999 deel van die Vrouekeur-span en geniet steeds elke dag haar werk as taalversorger. Sy is mal oor haar kinders, kleinkinders, brei en lees en sommer die lewe in die algemeen. Sy moet net keer …