Vou hierdie heerlike dik gebreide tjalie om jou skouers en jy sal gewis nie koud kry nie en omdat jy die een kant deur die ander kant ryg, bly dit knus om jou lyf sit
Christa Swanepoel Gebrei deur: Marie du Plessis
WAT HET JY NODIG?
• 7 balle ELLE TIMBER SERIOUSLY CHUNKY in Witchhazel
• 7 mm-naalde
• kabelnaald
AFKORTINGS
r – regs
aw – aweregs
K4A – gl vlg 2 st op kn na agter, r2, dan r2 van kn
K4V – gl vlg 2 st op kn na agter, r2, dan r2 van kn
st(e) – steek(steke)
AANWYSINGS
Met 7 mm-naalde en duimmetode stel 53 ste op.
1ste ry: *r1, aw1, herh van * tot laaste st, r1.
2de ry: herh 1ste ry.
Hierdie 2 rye sal nou na verwys word as ms (mossteek).
Werk nog 4 rye in ms.
Gaan soos volg voort:
1ste ry: ms 10 ste, aw2, r4, aw4, r4, aw5, r4, aw4, r4, aw2, ms 10 ste.
2de ry: ms 10 ste, r2, aw4, r4, aw4, r5, aw4, r4, aw4, r2, ms 10 ste.
3de ry en 4de ry: herh 1ste en 2de ry.
5de ry: ms 10 ste, aw2, K4V, aw4, K4A, r5, K4V, aw4, K4A, aw2, ms 10 ste.
6de ry: ms 10 ste, r2, aw4, r4, aw4, aw5, aw4, r4, aw4, r2, ms 10 ste.
7de ry: ms 10 ste, aw2, r4, aw4, r4, r5, r4, aw4, r4, aw2, ms 10 ste.
8ste ry: soos 6de ry.
Herh 1ste tot 8ste ry tot werk ongeveer 34 cm lank is, eindig met VK-ry.
Verdeel vir openinge
Vlg ry: ms 10 ste, aw2, r4, aw2, laat bal eenkant, heg 2de bal draad aan vlg steek en aw2, r4, aw5, r4, aw2, laat bal eenkant en heg 3de bal draad aan vlg st en aw2, r4, aw2, ms 10 ste.
Werk al drie panele apart vir 20 cm van verdeling af, eindig met VK-ry.
Vlg ry: werk oor al die ste met 1ste bal breidraad. Knip ander drade af as jy daar kom en knoop aan 1ste bal se draad voor jy aangaan.
Gaan nou voort met pat soos aan begin vasgestel tot werk van begin af ongeveer 180 cm lank is, eindig met VK-ry.
Werk 6 rye in ms. Heg af.
SOURCES
Peter Whitfield Model: Anel Mostert Hare en grimering:Kim Winterscale
Christa is sedert Oktober 1999 deel van die Vrouekeur-span en geniet steeds elke dag haar werk as taalversorger. Sy is mal oor haar kinders, kleinkinders, brei en lees en sommer die lewe in die algemeen. Sy moet net keer …