Met die dik breidraad kan jy in ’n ommesientjie so ’n warm stelletjie vir ’n klein mensie brei
Deur CHRISTA SWANEPOEL Gebrei deur LIZE MARITZ
Wat het jy nodig?
- ELLE FAMILY KNIT CHUNKY (50 g)
- Trui
- 2 balle in Hummingbird (A)
- 1 bal in Indigo (B)
- Broek
- 3 balle in Indigo (B)
- 1 bal in Hummingbird (A)
- 4,5 mm- en 5,5 mm-naalde
- 5,5 mm-sirkelnaald
- 5,5 mm-hekelnaald
Grootte
Pas 6–12(12–18; 18–24) maande
Spanning
15 ste en 22 rye = 10 cm oor ks met 5,5 mm-naalde
Afkortings
aw – aweregs; beg – begin; kb – kortbeen; ks – koussteek; r – regs; rdte – rondte; st – steek; VK – verkeerde kant; vlg – volgende; vmin – verminder; weersk – weerskante
Aanwysings
TRUI
Agterpant
Met 4,5 mm-naalde en A stel 37(41, 45) ste op en werk in 1×1-rif vir 4 rye. Met 5,5 mm-naalde gaan voort in ks tot agterpant 15(18, 20) cm lank is, plaas merkers weersk van laaste ry om mousgate aan te dui. Gaan voort in ks tot agterpant 27(30, 34) cm lank is, eindig met VK-ry. Heg af.
Voorpant
Werk soos agterpant tot voorpant 22 (25, 29) cm lank is, eindig met VK-ry.
Halsvorming en skouers Werk oor 11(13, 15) ste, heg 15 ste af, r oor laaste 11(13, 15) ste. Voltooi nou skouers apart, soos volg: Heg 2 ste aan nekrand af 2 keer. 7(9; 11) ste. Gaan voort sonder om te vorm tot voorpant so lank soos agterpant is. Heg af. Heg draad in middel aan tweede skouer en voltooi soos eerste helfte, maar spieëlbeeld daarvan.
Halsrand
Werk linkerskouernaat toe, met 4,5 mm-naalde en B tel op en r 23 ste oor nek agter, 8 ste oor syrand van hals, 15 ste oor voorkant, 8 ste oor ander syrand van hals. 54 ste. Werk in 1×1-rif vir 4 rye. Heg in rif af.
Moue
Met 5,5 mm-naalde en (B) stel 33 (37, 41) ste op. Werk in ks en vmin 1 st aan weersk van 4de ry 5(6; 7) keer. 23(25; 27) ste. Gaan voort sonder om te vorm tot mou 13(15; 18) cm lank is, of lengte verlang. Heg A en met 4,5 mm-naalde werk in 1×1-rif vir 4 rye. Heg af.
Om te voltooi
Werk skouer- en halsnaat toe. Vou moue lengtegewys in die helfte, plaas vou op skouernaat en werk van merker tot merker vas. Werk mou- en synate toe. Sien verpakkingsmateriaal vir versorgingsinstruksies.
BROEK
Linkerpyp
Met 4,5 mm-naalde en A stel 29(31; 33) ste op en werk 4 rye in 1×1-rif. Met 5,5 mm-naalde gaan voort in ks en vmeer 1 st aan weersk van vlg en elke 4(5; 6) cm tot 39(41; 43) ste. Gaan voort sonder om te vorm tot broekspyp sowat 23(25,5; 28) cm lank is, eindig met VK-ry. Met sirkelnaald r oor al die ste en sit dit eenkant.
Regterpyp
Werk tot so lank soos linkerpyp en r al die ste oor op sirkelnaald. 78(82; 86) ste. Plaas merker op naald om beg van rdte aan te dui en werk elke ry regs in rdte tot werk 13(15,5; 18) cm is van begin van rondtes af. Werk in 1×1-rif vir 4 cm. Heg in rif af.
Om te voltooi
Werk broekspype se nate toe. Hekel ’n ry kb van sowat 1 m. Ryg deur rif om lyf.
Christa is sedert Oktober 1999 deel van die Vrouekeur-span en geniet steeds elke dag haar werk as taalversorger. Sy is mal oor haar kinders, kleinkinders, brei en lees en sommer die lewe in die algemeen. Sy moet net keer …