Die mooi patroontjie maak ’n eenvoudige truitjie iets besonders
Christa Swanepoel
BENODIGHEDE
• 4(4;5) balle ELLE PURE GOLD (100 g-balle) in Lily
• 3,25 mm- en 4 mm-naalde
GROOTTE
Pas ouderdom van: 2(4;6) jaar
Spanning
22ste en 30 rye in ks met 4 mm-naalde
Afkortings
alt – alternatiewe
aw – aweregs
beg – begin
gl – glip
herh – herhaal
ks – koussteek
mdv – met draad voor
oorbl – oorblywende
pat – patroon
r – regs
R(V)K – regte(verkeerde) kant
R(V)KV – regte(verkeerde) kant voor
st(e) – steek(steke)
tes – tesame
vermin – verminder
vermeer – vermeerder
vlg – volgende
Patroonsteek
(veelvoud van 10 plus 7)
Sorg dat die draad altyd los is agter die 5 ste wat jy glip.
1ste ry (RK): r1, *r5, mdv gl5, herh van * tot laaste 6 ste, r6.
2de en elke alt ry: aw.
3de ry: soos 1ste ry.
5de ry: soos 1ste ry.
6de ry: aw8, *steek regterkantste naald van bo na onder deur geglipte ste op regte kant, sit draad om naald en trek na bo om ‘n lus rondom die ste te vorm, aw1 en gl lus oor, aw9, herh van * en eindig laaste herhaling met aw8.
7de ry: r1, *mdv gl5, r5, herh van * en eindig met mdv gl5, r1.
9de ry: soos 7de ry.
11de ry: soos 7de ry.
12de ry: aw3, *steek naald van onder na bo onder ste wat geglip is op regte kant, sit draad om naald en trek terug om lus om ste te vorm, aw1, en gl st oor, aw9, herh laaste herhaling met aw3.
LW: Voor jy begin
Agterpant
Vir slegs 2de grootte: werk weerks 3 randste met patroonsteek tussenin.
Voorpante
Vir slegs 2de grootte: werk weersk 2 randste met patroonsteek tussenin.
Vir slegs 3de grootte: werk weersk 3 randdste met patroonsteek tussenin.
Werk in ks waar patroontjie nie inpas nie.
Agterpant
Met 3,25 mm-naalde stel 77(83; 87) ste op.
1ste ry (RK): r1, *aw1, r1, herh van * tot einde.
2de ry: aw1, *r1 aw1, herh van * tot einde.
Hierdie 2 rye sal nou na verwys word as 1×1-rif.
Gaan voort in 1×1-rif vir 4(4; 5) cm, eindig met VK-ry.
Met 4 mm-naalde, begin met pat en werk 18,5(21; 22,5) cm of lengte verlang, eindig met VK-ry.
Mousagtvorming
Heg 5(5; 6) ste aan begin van vlg 2 rye af. 67(73; 75) ste.
Gaan voort sonder om te vorm tot mousgat 14,5(16; 17,5) cm lsnk is, eindig met VK-ry.
Skouervorming
Heg 22(25; 25) ste aan beg van vlg 2 rye af. Heg oorbl 23(23; 25) ste af.
Linkervoorpant
Met 3,25 mm-naalde en duimmetode stel 37(41; 43) ste op.
Werk 4(4; 5) cm in 1×1-rif soos agterpant, eindig met VK-ry.
Met 4 mm-naalde, gaan voort in pat tot so lank soos agterpant tot by mousgatvorming, eindig met VK-ry.
Mousgatvorming
Heg 5(5; 6) ste aan begin van vlg ry af. 32(36; 37) ste.
Werk nog 5 rye in pat.
Vorm voorkant
Vlg ry (RK): pat tot laaste 3 ste, gl1, r1, tgso, r1.
Vlg ry: pat.
Herh laaste 2 rye nog 5 keer en vermin dan 1 st aan voorste rand in vlg 4de rye tot 21(25; 25) ste.
Gaan voort in pat sonder om te vorm tot werk so lank is soos agterpant. Heg af.
Regtervoorpant
Werk soos gegee vir linkervoorpant maar spieëlbeeld daarvan.
Moue
Met 3,25 mm—naalde en duimmetode stel 43(45; 47) ste op.
Werk 4(4; 5) cm in 1×1-rif, eindig met VK-ry en vermeer 8 ste eweredig oor laaste ry. 51(53; 55) ste.
Met 4 mm-naalde gaan voort in ks en vermeer 1 st aan weersk van 5de en elke vlg 6de ry tot 67(73; 77) ste. Heg af, of gaan voort sonder om te vorm tot verlangde lengte bereik is en heg af.
Plaas merkers 2(2; 2,5) cm van afhegrand af na onder.
Voorste rand en kraag
Werk skouernate toe. Met 3,25 mm-naalde stel 11 ste op.
1ste ry (RK): r2, (aw1, r1) 4 keer, r1.
2de ry: r1, (aw2, r1) 5 keer.
Herh laaste 2 rye tot rand lank genoeg is om teen voorrand tot by halsvorming te pas as dit effens gestrek word en werk dit vas soos jy aangaan, eindig met VK-ry.
Merk posisie van knoopsgate soos volg: onderste knoop 1 cm bo aanhegrand, boonste knoopsgat 1 cm voor halsvorming en 3 knoopsgate eweredig tussinin.
Vorm kraag
Gaan voort in rif, vermeer 1 st aan voorste rand aan begin van vlg en elke vlg ry tot 17 ste en daarna in elke vlg alt ry tot 29(29; 31) ste en werk vermeerste in rif. Gaan voort om rand vas te werk soos jy aangaan en plaas merker hier op linkervoorpant en ook merker aan teenoorgestelde kant op regtervoorrand.
Gaan voort met kraag tot dit oor linkervoorpant om nek agter en teen regtervoorpant af pas tot by merker as dit effens gestrek word, eindig met VK-ry en werk kraag vas soos jy aangaan.
Gaan voort in rif en vermin 1 st aan buiterand van vlg en elke vlg alt ry tot 17 ste, dan in elke ry tot 11 ste.
Gaan voort in rif teen voorrand af en werk knoopsgate soos volg teenoor merkers aan linkervoorkant:
1ste ry (RK): rif 5 ste, heg 2 ste af, rif tot einde.
2de ry: rif en stel 2 ste op teenoor afhegste.
Om te voltooi
Werk moue in, plaas rye bo merkers oor afhegrande van voor- en agterpant om vierkantige mousgat te vorm. Werk sy- en mounate toe. Werk knope teenoor knoopsgate aan. Lê plat neer, bedek met klam lap en laat om droog te word. Sien verpakkingsmateriaal vir versorgingsinstruksies.
WENK As jy met patroonsteek sukkel, kies enige ander patroonsteek van jou keuse.
SOURCES
Elmari Knapton
Christa is sedert Oktober 1999 deel van die Vrouekeur-span en geniet steeds elke dag haar werk as taalversorger. Sy is mal oor haar kinders, kleinkinders, brei en lees en sommer die lewe in die algemeen. Sy moet net keer …