Brei twee reghoeke vir hierdie veelsydige top
Pas klein tot medium.
Sit veelvoud van 12 ste meer op vir groter groottes
Moeilikheidsgraad: *
Wat het jy nodig?
2 balle KARTOPU JERSEY 200 g (kleur – H1395)
5 mm-naalde
Afkortings
aw – aweregs herh – herhaal r – regs r2tes – regs 2 steke tesame
Aanwysings
Maak 2 Stel 69 ste op en werk in 3×3-rif vir sowat 25 cm, eindig met VK-ry. Brei 2 rye regs. Gaan soos volg voort:
1ste ry (VK): r1, *r2tes, maar moenie ste van die naald afglip nie, r in 1ste st, dan in 2de st, (3 ste). Trek nou die 1ste van die 3 ste oor die ander 2, aw2, herh van * tot einde.
2de ry: r.
3de ry: r.
4de ry: r. Herh 1ste tot 4de ry vir ongeveer 40 cm, eindig met 4de ry van pat. Werk 25 cm in 3×3-rif. Heg in rif af.
Om te voltooi
Met regte kante op mekaar werk net die rifgedeeltes aanmekaar.
Kartopu te kry by Elite Fabrics in Pretoria 012 800 1541 of bel Ashraf by 082 920 8844 vir naaste verskaffer
Christa is sedert Oktober 1999 deel van die Vrouekeur-span en geniet steeds elke dag haar werk as taalversorger. Sy is mal oor haar kinders, kleinkinders, brei en lees en sommer die lewe in die algemeen. Sy moet net keer …