Met die verskillende kleure en patroonsteke sal jy vir jou ’n pragtige tuniek brei
Deur CHRISTA SWANEPOEL
Moeilikheidsgraad: ***
Afkortings
r – regs aw – aweregs don – draad om naald gl – glip tes – tesame t2gso – trek 2 gs oor
Wat het jy nodig?
- ELLE Premier Natural Cotton DK (50 g) 3 x turkoois A 3 x blou B 2 x geel C 4 x lemmetjiegroen D
- 4 mm-naalde
Patroon 1
Oor veelvoud van 6
1ste ry (RK): *r3, don, gl 2 ste regsgewys, r1, t2gso, don, herh van * tot einde.
2de ry: aw.
3de ry: *don, gl 2 ste regsgewys, r1, t2gso, don, r3, herh van * tot einde.
4de ry: aw. Herh 1ste tot 4de ry.
Patroon 2
Oor veelvoud van 3
1ste ry (VK): r.
2de ry: *r3tes, laat ste op linkerkantste naald, r 1ste van 3 ste, r volg 2 ste tesame adl, herh van * tot einde.
3de ry: aw.
4de ry: r.
Patroon 3
Oor veelvoud van 4 plus 3
1ste ry (RK): r.
2de ry: aw.
3de ry: r2, *r2tes, don, r2, herh van * tot laaste st, r1.
4de ry: aw.
5de ry: r.
6de ry: aw.
7de ry: *r2tes, don, r2, herh van * tot laaste 3 ste, r2tes, don, r1.
8ste ry: aw. Herh 1ste tot 8ste ry.
Patroon 4
Oor veelvoud van 4 plus 1
1ste ry (VK): *r2tes, maar laat op naald, r in 1ste st, dan in 2de st (3 ste). Bring nou 1ste van hierdie 3 ste oor die ander 2, aw2, herh van * tot einde.
2de ry: r.
3de ry: r.
4de ry: r. Herh 1ste tot 4de ry.
Aanwysings
Voorpant
Eerste helfte Met A stel 104 steke op en werk 5 cm in ms, eindig met VK-ry. Met B ms 6 ste, r oor 58 ste, draai en laat oorbl ste op steekhouer. Vlg ry: aw tot laaste 6 ste, ms 6. Patroon is oor 52 ste. Gaan voort met patroon 1 met 2 randsteke weersk en 6 ms aan sykant vir ongeveer 8 cm eindig met 4de ry van pat. Met A werk in ms vir sowat 3,5 cm, eindig met RK-ry. Met C gaan voort met patroon 2 met 2 randsteke weersk en 6 ms aan sykant vir ongeveer 10 cm, eindig met 4de ry. Met A werk sowat 5,5 cm in ms, eindig met VK-ry. Met D gaan voort met patroon 3 met 1 randsteek net aan begin tot werk sowat 60 cm lank is, eindig met VK-ry.
Mousgatvorming
Gaan voort met pat (sonder ms-rand) en heg soos volg af aan mousgatrand: 4 ste 1 keer, 3 ste 1 keer, 2 ste 2 keer, 1 st 6 keer. ** 41 ste. Gaan voort tot mousgat sowat 12,5 cm lank is, eindig met RK-ry (aan halsrand se kant). Heg 17 ste af, pat oor 24 ste tot einde. Pat 1 ry en heg af aan halsrand se kant in vlg en elke alt ry soos volg: 3 ste 1 keer, 2 ste 2 keer, 1 st 2 keer. 15 sts. Gaan voort in pat tot werk van begin af 80 cm lank is, eindig met VK-ry. Heg af. Gaan terug na begin, glip 10 ste op steekhouer.
Tweede helfte
Heg D aan oorbl 36 ste en voltooi tweede helfte soos volg met 6 ste ms aan syrand deurgaans tot mousgat en patroon oor 30 ste. Werk in patroon 1 met 3 randsteke aan weersk vir sowat 22 cm, eindig met 4de ry. Met A werk 4 cm in ms, eindig met VK-ry. Met B r 1 ry. Werk in patroon 4 met 1 randsteek aan begin tot werk 60 cm lank is. Vorm mousgat soos eerste helfte. 19 ste. Gaan voort tot mousgat sowat 9,5 cm lank is, eindig met RK-ry (aan halsrand se kant). LET OP DAT HALSVORMING IN STROOK IN MIDDEL GEDOEN WORD. Heg af aan halsrand se kant soos volg: 2 ste 1 keer en 1 st 2 keer. 15 ste. Gaan voort in pat tot werk van begin af 80 cm lank is, eindig met VK-ry. Heg af.
Middelstrook
Keer terug na 10 ste op steekhouer, heg A en werk in ms tot so lank soos eerste helfte, eindig met VK-ry. Heg 5 ste af, ms tot einde. Werk 1 ry in ms. Heg 2 ste af, ms tot einde. Werk 1 ry in ms. Heg 3 ste af. Met regte kante op mekaar werk ms-strook aan twee sypanele vas.
Agterpant
Werk soos voorpant, maar met die twee panele omgeruil. Ná die ms-band sal jy dus eerste met D begin. Gaan voort tot agterpant 80 cm lank is. Heg af.
Nekband
Werk regterskouernaat toe. Met RKV en A tel op en r ongeveer 101 ste eweredig om halsrand (ongelyke getal) en werk in ms vir ongeveer 6 rye. Heg af.
Mourande
Werk linkerskouer- en nekbandnaat toe. Met RKV en C tel op en r ongeveer 81 ste om mourande. Werk in ms vir 8 rye. Heg af.
Om te voltooi
Met regte kante op mekaar werk sowat 20 cm onder arms toe.
Christa is sedert Oktober 1999 deel van die Vrouekeur-span en geniet steeds elke dag haar werk as taalversorger. Sy is mal oor haar kinders, kleinkinders, brei en lees en sommer die lewe in die algemeen. Sy moet net keer …