’n Eenvoudige patroonsteek maak dié truitjie spesiaal
Moeilikheidsgraad: **
Wat het jy nodig?
- 2 (2; 3; 3) balle elk FAMILY KNIT CHUNKY (50 g) in Brisket (A) en 1 elk in White (B), Turquoise (C) en Antique (D)
- 4,5 mm- en 5,5 mm-naalde
- Merkers
- 4(4; 5) knope
Spanning
15 ste en 21 rye = 10 cm oor koussteek met 5,5 mm-naalde
Grootte
Pas 3-6(6-12; 12–18) maande
Afkortings
aw – aweregs; don – draad oor naald; gl – glip; herh – herhaal; ks – koussteek; r – regs; r2tes – regs twee tesame; VK – verkeerde kant
Patroonsteek en kleurwisseling
1ste ry: met B, r.
2de ry: met B, r.
3de ry: met C, r1, glip vlg st (B), *r3, gl1, herh van * en r laaste ste wat aan einde van ry oor is.
4de ry: met C, aw.
5de ry: met B, r.
6de ry: met B, r.
7de ry: met D, r3, gl1, *r3, gl1, herh van * en r laaste ste wat aan einde van ry oor is.
8de ry: met D, aw.
9de ry: met B, r.
10de ry: met B, r.
11de ry: met A, r1, gl1, *r3, gl1, herh van * en r laaste ste wat aan einde van ry oor is.
12de ry: met A, aw.
13de ry: met B, r.
14de ry: met B, r.
15de ry: met C, r3, gl1, *r3, gl1, herh van * en r laaste ste wat aan einde van ry oor is.
16de ry: met C, aw. Gaan voort met kleurwisseling en afwisseling van glipsteke.
Aanwysings
Agterpant
Met 4,5 mm-naalde en A stel 37(41, 45) ste op en werk in 1×1-rif vir 2,5 cm, eindig met VK-ry. Met 5,5 mm-naalde gaan voort in ks tot werk 15(18, 20) cm lank is. Plaas merkers aan weersk van laaste ry vir mouplasing. Gaan voort sonder om te vorm tot werk 27(30, 34) cm lank is, eindig met VK-ry. Heg af.
Regtervoorpant
Met 4,65 mm-naalde stel 16(18; 20) ste op en werk in 1×1-rif vir 2,5 cm. Met 5,5 mm-naalde begin met patroonsteek en gaan voort tot werk 13(16; 18) cm lank is, eindig met VK-ry. Gaan voort in patroonsteek en vmin 1 st aan beg van vlg en elke vlg alt ry tot 12(13; 15) ste. Gaan voort in patroonsteek tot werk so lank is soos agterpant, eindig met VK-ry. Heg af.
Linkervoorpant
Werk soos gegee vir regtervoorpant maar spieëlbeeld daarvan.
Moue
Met 4,5 mm-naalde en A stel 23(25; 27) ste op en werk in 1×1-rif vir 2,5 cm, eindig met VK-ry. Met 5,5 mm-naalde gaan voort in ks en vmeer 1 st aan weersk van 3de en elke vlg 4de ry tot 33(37; 41) ste. Gaan voort sonder om te vorm tot werk 15,5(17,5; 20,5) cm lank is, of lengte verlang, eindig met VK-ry. Heg af.
Voorste bande
Werk skouernate toe. Merk op regtervoorpant 4(4; 5) plekke vir knope. Met A stel 5 ste op en werk in rs tot band om regtervoorpant, oor nek agter en linkervoorpant pas as dit effens gestrek word, TERSELFDERTYD as band oor linkervoorpant regoor knoopmerkers pas, maak knoopsgate soos volg: r2, don, r2tes, r1. Werk vlg ry gewoonweg en r die donsteek. Heg af.
Om te voltooi
Vou moue lengtegewys in die helfte, plaas vou op skouernaat en werk in posisie tussen merkers. Werk sy- en mounate toe. Werk band rondom aan voorpante en hals agter vas. Werk knope aan.
Christa is sedert Oktober 1999 deel van die Vrouekeur-span en geniet steeds elke dag haar werk as taalversorger. Sy is mal oor haar kinders, kleinkinders, brei en lees en sommer die lewe in die algemeen. Sy moet net keer …