Brei hierdie trui vir lente en trek dit oor ’n kortmoutop of langmou-T-hemp aan
Wat het jy nodig?
KARTUPO PUNTO (100 g) of enige breidraad wat jou dieselfde spanning gee
4(5; 6) balle in kleur van jou keuse
9 mm-naalde
9 mm-hekelnaald
Spanning
10 ste = 10 cm
Afkortings
aw – aweregs r – regs rs – reksteek (elke ry regs)
Grootte
Klein (medium; groot) Pas ongeveer 91(102; 112) cm
Brei-inligting
n Die trui word van die agterpant af in een stuk gebrei. n Jy kan die trui vir enige grootte aanpas. Omdat elke steek 1 cm is, is dit maklik om die hoeveelheid steke vir enige grootte te brei. n Jy kan die trui se lyfgedeelte langer brei. n Jy kan die moue so lank of kort maak as wat jy verkies.
Aanwysings
Begin met agterpant, stel 48(54; 58) ste op en werk in rs vir sowat 25(28; 29) cm, eindig met RK-ry.
Mou vorm ing Vlg 2 rye: r tot einde, stel 1 st op. 50(56; 60) ste.
Vlg 2 rye: r tot einde, stel 2 ste op. 54(60; 64) ste.
Vlg 2 rye: r tot einde, stel 15 ste op. 84(90; 94) ste. Gaan voort in rs tot werk van begin af 42(47: 49) cm lank is, eindig met VK-ry.
HALSvorm ing
Vlg ry: r33(36; 37), draai en laat oorbl ste opsteekhouer. Gaan voort oor hierdie 33(36; 37) ste in rs tot werk 49,5(52; 54,5) cm lank is, eindig met VK-ry.
Vlg ry: r oor 33(36; 37) ste tot einde, stel 9(9; 10) ste op. 42(45; 47) ste. Gaan voort in rs tot mougedeelte 36(36; 38) cm lank is, eindig met VK-ry.
Vlg ry: heg 15 ste af, r tot einde. 27(30; 32) ste.
Vlg ry: r.
Vlg ry: heg 2 ste af, r tot einde. 25(28; 30) ste.
Vlg ry: r.
Vlg ry: heg 1 st af, r tot einde. 24(27; 29) ste.
Regtervoorpant Gaan voort in rs tot regtervoorpant 25(28; 29) cm lank is, eindig met VK-ry. Heg af.
HALSvorm ing Heg draad aan steke op steekhouer, heg 18(18;20) ste af, r tot einde. Gaan voort oor hierdie 33(36; 37) ste in rs tot werk 49,5(52; 54,5) cm lank is, eindig met RK-ry.
Vlg ry: r oor 33(36; 37) ste tot einde, stel 9(9; 10) ste op. 42(45; 47) ste. Gaan voort in rs tot mougedeelte 36(36; 38) cm lank is, eindig met RK-ry.
Vlg ry: heg 15 ste af, r tot einde. 27(30; 32) ste.
Vlg ry: r.
Vlg ry: heg 2 ste af, r tot einde. 25(28; 30) ste.
Vlg ry: r.
Vlg ry: heg 1 st af, r tot einde. 24(27; 29) ste.
Linkervoorpant
Gaan voort in rs tot linkervoorpant 25(28; 29) cm lank is, eindig met VK-ry. Heg af. Koord Met 9 mm-hekelnaald maak ry ks van ongeveer 150 cm.
Om te voltooi
Met regte kante op mekaar vou werk in helfte met agterpant en voorpante opmekaar. Werk mou- en synate toe. Ryg koord om hals in.
Kartopu is te kry by Elite in Pretoria 012 800 1541 of bel Ashraf by 082 920 8844 vir naaste verskaffer
Diagram
Christa is sedert Oktober 1999 deel van die Vrouekeur-span en geniet steeds elke dag haar werk as taalversorger. Sy is mal oor haar kinders, kleinkinders, brei en lees en sommer die lewe in die algemeen. Sy moet net keer …