Pak ’n slag ’n trui met ’n fairisle-patroon aan. Dis verg tyd en ’n bietjie moeite, maar die eindproduk maak daarvoor op
CHRISTA SWANEPOEL
WAT HET JY NODIG?
2 balle elk ELLE PURE GOLD CHUNKY (100 g) in Mist, Midnight, Lily, Terracota en Navy
2 balle ELLE FAMILY KNIT CHUNKY (50 g) in Red
4,5 mm-naalde
5,5 mm-sirkelnaald
steekhouer of spaarnaald
MATE
Pas klein tot medium
Afkortings
gl – glip
ks – koussteek (1ste ry: r. 2de ry: aw.)
oorbl – oorblywende
rs – reksteek (1ste ry: r. 2de ry: r.)
VKV – verkeerde kant voor
vmeer – vermeerder
BREI-INLIGTING
Las altyd kleur op die punt van ’n ry. Dra die kleur waarmee jy nie werk nie aan die agterkant oor deur dit sowat elke vier steke een keer om die draad te draai waarmee jy besig is. Moet dit nie styf trek nie, anders trek jou patroon op. Dit sorg vir ’n netjieser agterkant.
AANWYSINGS
Voor- en agterpant
Met 4,5 mm-naalde en Navy stel 71 ste op.
1ste ry: r1, *aw1, r1, herh van * tot einde.
2de ry: aw1, *r1, aw1, herh van * tot einde. 1ste en 2de ry stel 1×1-rif vas. Herh 1ste en 2de rye met Midnight, Mist en Lily. Met 5,5 mm-naalde, begin met die kleurdiagram en ks en vmeer 4 ste eweredig in 1ste ry. 75 ste. Gaan voort volgens kleurdiagram tot werk sowat 40 cm lank is, eindig met VK-ry.
Vlg ry: heg 10 ste af, pat tot einde.
Vlg ry: heg 10 ste af, pat tot einde. Gl oorbl ste op steekhouer of spaarnaald en sit eenkant. 55 ste.
Moue
Met 4,5 mm-naalde en Navy stel 41 ste op. Werk in 1×1-rif in kleure soos volg: (2 rye Navy, 2 rye Midnight, 2 rye Mist) 3 keer, 2 rye Lily. Met 5,5 mm-naalde, begin met kleurdiagram soos aangedui vir moue en vmeer 1 st aan weersk in 5de en elke vlg 6de ry tot 55 ste. Pas pat by vmeerste aan. Gaan voort sonder om te vorm tot mou sowat 51 cm lank is, eindig met VK-ry.
Vlg ry: heg 7 ste af, pat tot einde.
Vlg ry: heg 7 ste af, pat tot einde. 41 ste. Glip oorbl ste op steekhouer of spaarnaald.
Borsgedeelte
Met 5,5 mm-sirkelnaald en VKV, gl eerste mou se steke op sirkelnaald, glip voorpant op sirkelnaald, dan ander mou en laaste agterpant. 192 ste. Wissel kleure in enige volg
orde vir elke ry af en werk 13 rye heen en weer in rs.
Vgl ry: vmin 32 ste eweredig oor ry. 160 ste. Werk rs vir 10 rye.
Vlg ry: vmin 28 ste eweredig oor ry. 132 ste. Werk 4 rye rs.
Vlg ry: vmin 28 ste eweredig oor ry. 104 ste. Werk 2 rye rs.
Vlg ry: vmin 22 ste eweredig oor ry. 82 ste. Werk 5 rye rs.
Vlg ry: vmin 18 ste eweredig oor ry. 64 ste. Werk 6 rye 1×1-rif in 2 rye elk Mist, Midnight en Navy. Heg in rif af.
OM TE VOLTOOI
Werk moue en voor- en agterpante se afgehegte ste weersk aanmekaar en strek effens sodat dit pas. Werk mou- en synate toe. Vou moue se rifgedeelte so ver soos verkies om. Lê werk plat neer, bedek met klam lap en laat om droog te word. Sien verpakkingsmateriaal vir versorgingsinstruksies.
SOURCES
ELMARIE KNAPTON
Christa is sedert Oktober 1999 deel van die Vrouekeur-span en geniet steeds elke dag haar werk as taalversorger. Sy is mal oor haar kinders, kleinkinders, brei en lees en sommer die lewe in die algemeen. Sy moet net keer …