Die trui word van mou tot mou sywaarts gebrei en die rand agterna aangebrei
Christa Swanepoel
Wat het jy nodig?
1 bal ELLE BIG BALL in Foggy Woods
5,5 mm-sirkelnaald
Kringetjie
Die trui vat gebruik presies een Big Ball. Moenie trui langer maak as aangedui nie anders gaan jy nie uitkom nie
Mate
Pas van klein tot medium
Afkortings
aw – aweregs
don – draad om naald
herh – herhaal
ms – mossteek 1ste ry: *r1, aw1, herh van * tot einde. 2de ry: aw regssteke en r aweregssteke soos dit voorkom
pat – patroon
r – regs
r2tes – regs 2 tesame
RKV – Rete kant voor
Patroonsteek
Oor veelvoud van 3 plus 2 randsteke
1ste ry: r1 (randsteek), *r1, don, r2tes, herh van * tot einde, r1 (randsteek).
2de ry: r1 (randsteek), *r1, don, r2tes (deurgaans altyd die don-st en r-st van vorige ry), herh van * tot einde, r1 (randsteek).
Herh slegs 2de ry.
Aanwysings
Stel 56(62) ste op.
Werk 8 rye in ms.
Begin met pat en gaan voort tot mou sowat 17(20) cm lank is, eindig met RK-ry en stel 60 ste losweg op. 116(122) ste
Vlg ry: werk 7 ste in ms, werk in pat (sonder randsteek) oor 51 van vlg 53 ste, r1, don, r2tes (53ste steek en randsteek van agterpant), pat tot einde van ry en stel 60 ste op. 176(182) ste.
Werk 7 ste in ms, pat tot laaste 7 ste, ms 7 ste.
Behou 7 ms-ste weersk gaan voort met pat tot werk van aanhegste vir voor- en agterpant sowat 16(20) cm lank is, eindig met RK-ry.
Vlg ry: heg 88(91) ste af van linkervoorpant, pat tot einde.
Gaan voort in pat oor oorbl 88(91) ste tot agterpant van afhegting van linkervoorpant sowat 16(21) cm lank is vir nek agter, eindig met RK-ry, stel 88(91) ste op vir regtervoorpant. 176(182) ste.
Gaan voort in pat met rs-rande tot werk van aanhegting vir voorpant af 16(20) cm lank is, eindig met RK-ry.
Vlg ry: heg 60 ste af, pat tot einde.
Vlg ry: heg 60 st af, pat tot einde.
Gaan voort in pat oor hierdie 56(62)ste tot mou so lank is soos ander mou tot by ms-rand, eindig met 8 rye ms. Heg af.
Rand
Met RKV beg regs onder, tel op en r 300 ste rondom rand (dit werk uit 2 ste in opening van 1 ry en 1 st in vlg ry).
Werk in ms vir ongeveer 16 rye of tot breidraad op is. Heg af.
Ander opsie vir rand
Stel 9 ste op en werk in ms tot rand oor regtervoorpant, om hals en oor linkervoorpant te pas as dit effens gestrek word. Heg af en werk om rand vas.
Om te voltooi
Lê plat neer, bedek met klam lap en laat om droog te word. Sien verpakkingsmateriaal vir versorgingsinstruksies.
SOURCES
Elmarie Knapton
Christa is sedert Oktober 1999 deel van die Vrouekeur-span en geniet steeds elke dag haar werk as taalversorger. Sy is mal oor haar kinders, kleinkinders, brei en lees en sommer die lewe in die algemeen. Sy moet net keer …