Hierdie kort swart jassie is perfek vir hierdie tyd van die jaar. Nie te warm nie, maar steeds knus op koeler dae
CHRISTA SWANEPOEL
WAT HET JY NODIG?
6 balle CHARITY SERIOUSLY CHUNKY (150 g) in Black 9 mm-breinaalde 1 groot knoop
AFKORTINGS
r – regs aw – aweregs ggr – glip, glip, regs (gl vlg 2 ste een op ‘n slag op regterkantste naald asof jy dit sou brei, steek linkerkantste naald in die voorkant van hierdie 2 ste en regs dit tesame) ms – mossteek (1ste ry: r1, aw1 tot einde. 2de ry: aw alle r-ste soos dit voorkom en r alle aw-ste soos dit voorkom) ks – koussteek (1ste ry: r. 2de ry: aw) vmin/vminry – verminder/verminderry
MATE
Pas X-klein (klein, medium, groot, X-groot; XX-groot)
AANWYSINGS
Agterpant
Stel 41(47; 51; 56; 61; 66) ste op. Werk in ms vir 10 cm. Gaan voort in ks tot werk sowat 40 cm lank is, eindig met VK-ry.
Mousgatvorming Heg 3(3; 3; 3; 4; 5) ste aan beg van vlg 2 rye af. 35(41; 45; 48; 53; 56) ste.
Vlg ry (RK) vminry: r3, r2tes, r tot laaste 5 ste, ggr, r3. 33(39; 43; 46; 51; 54) ste.
Vlg ry: aw. Herh vminry nog 2(3; 3; 4; 4; 5) keer. 29(33; 37; 38; 43; 44) ste. Gaan voort tot mousgat 18(19; 20; 20; 21,5; 23) cm lank is, eindig met VK-ry.
Skouervorming Heg 3(3; 4; 5; 6; 7) ste aan beg van vlg 2 rye af. Heg 2(3; 4; 4; 5; 5) ste aan beg van vlg 2 rye af. 19(21; 21; 20; 21; 20) ste. Heg oorbl 19(21; 21; 20; 21; 20) ste af.
Linkervoorpant
Stel 25(28; 31; 33; 36; 38) ste op. Werk in ms vir 10 cm, eindig met VK-ry.
Vlg ry: r tot laaste 10 ste, gaan voort in ms oor laaste 10 ste.
Vlg ry: werk in ms vir 1ste 10 ste, aw tot einde. Gaan voort in ks en ms tot werk 40 cm lank is, eindig met VK-ry. Mousgatvorming Heg 3(3; 3; 3; 4; 5) ste aan beg van ry af, pat tot einde. 22(25; 28; 30; 32; 33) ste.
Vlg ry: aw.
Vlg ry (RK) vminry: r3, r2tes, pat tot einde. 21(24; 27; 29; 31; 32) ste.
Vlg ry: aw. Herh vminry nog 2(3; 3; 4; 4; 5) keer. 19(21; 24; 25; 27; 27) ste. Gaan voort tot mousgat 10(11,5; 12,5; 12,5; 13,5; 15) cm lank is, eindig met RK-ry.
Halsvorming
Vlg ry: heg 10 ste af, pat tot einde. 9(11; 14; 15; 17; 17) ste. Vmin 1 st aan nekrand in elke RK-ry altesaam 4(5; 6; 6; 7; 5) keer. 5(6; 8; 9; 10; 12) ste, eindig met VK-ry. Heg 3(3; 4; 5; 6; 7) ste aan beg van vlg ry af.
Vlg ry: aw
Vlg ry: heg oorbl 2(3; 4; 4; 4; 5) ste af.
Regtervoorpant
Voltooi soos linkervoorpant, maar spieëlbeeld daarvan en maak knoopsgatry soos volg: As mousgat sowat 7,5(9; 10; 10; 11,5; 12) cm lank is, eindig met VK ry.
Vlg ry: ms 4, heg 2 ste af, ms 4, pat tot einde.
Vlg ry: pat tot by afhegste, stel 2 ste op, pat tot einde.
Moue
Stel 31(33; 35; 38; 41; 43) ste op. Werk in ms vir 10 cm, eindig met VK-ry. Gaan voort in ks vir sowat 5 cm, eindig met VK-ry.
Moutopvorming Heg 3(3; 4; 5; 5; 6) ste aan beg van vlg 2 rye af. 25(27; 27; 28; 31; 31) ste.
Vminry: r1, ggr, r tot laaste 3 ste, r2tes, r1. 23(25; 25; 26; 29; 29) ste.
Vlg ry: aw. Herh laaste 2 rye nog 6 keer. 11(13; 13; 14; 17; 17) ste. Heg 3(3; 3; 3; 3; 2) ste aan beg van vlg 2 rye af. 5(7; 7; 8; 11; 13) ste. Heg oorbl ste af.
Kraag
Stel 27 ste op en r 1 ry. Stel 2 ste aan beg van vlg 14 rye op dan 1 st aan beg van vlg 10 rye. 65 ste.
Vlg ry: r. Heg lossies af.
OM TE VOLTOOI
Werk skouernate toe. Werk aanhegkant van kraag om nekrand. Werk moue in. Werk mouen synate toe. Werk knoop aan. Sien verpakkingsmateriaal vir versorgingsinstruksies.
SOURCES
Elmarie KNAPTON
Christa is sedert Oktober 1999 deel van die Vrouekeur-span en geniet steeds elke dag haar werk as taalversorger. Sy is mal oor haar kinders, kleinkinders, brei en lees en sommer die lewe in die algemeen. Sy moet net keer …