Wie sou kon dink twee gebreide reghoeke kan so mooi lyk?
Christa Swanepoel
Moeilikheidsgraad **
BENODIGHEDE
• 6 balle ELLE STRETCH in Stone
• 4 mm-naalde
AFKORTINGS
r – regs
don – draad om naald
ggr – glip 1ste st asof jy dit sou regs, glip 2de st asof jy dit sou regs, steek linkerkantste naald in die voorkant van hierdie 2 ste (links na regs), sit draad om regterkantste naald en regs 2 ste tesame
gl – glip
gl2regsgewys – glip 2 steke regsgewys agter deur steke
t2gso – trek 2 glipsteke oor
tes – tesame
PATROONSTEEK
(word oor 4 ste plus 1 gebrei)
1ste en 3de ry (VK): aw.
2de ry: r1, *don, gl2regsgewys, r1, t2gso, don, r1, herh van * tot einde.
4de ry: ggr, don, r1, *don, gl2regsgewys, r1, t2gso, don, r1, herh van * en eindig met don, r2tes.
GROOTTE
X-klein(klein; medium; medium/groot; groot; groot/X-groot; X-groot)
Voltooide grootte:
Bors: 81(86; 91; 97; 101; 107; 112) cm
Lengte: 58(58; 60; 60; 61; 62; 63,5)
Elke reghoek is 21,5 (23; 24; 25,5; 26,5; 28, 29) cm wyd en 114,5 (114,5; 117; 117; 1195, 122, 124;5) cm lank
Met 4 mm-naalde stel 57(61; 65; 69; 73; 77; 81) ste op.
1ste ry: r.
2de ry: r.
Herh laaste 2 rye nog 1 keer.
5de ry: r4, begin met 1ste ry van pat tot laaste 4 ste, r4.
6de ry: r4, 2de ry van pat tot laaste 4 ste, r4.
7de ry: r4, 3de ry van pat tot laaste 4 ste, r4.
8ste ry: r4, 4de ry van pat tot laaste 4 ste, r4.
Herh laaste 4 rye vir 4 reksteke aan kante en pat in middel tot werk ongeveer 1 cm voor voltooide lengte is, werk 4 rye reksteek. Heg af.
OM TE VOLTOOI
Werk vas volgens diagram. Werk eers naat op rugkant toe. Merk nou eers elke letter met ’n ander kleur – A met een kleur breidraad, B met ‘n ander, ensovoorts. Dit maak die vaswerk soveel makliker. Lê pante met regte kant bo neer. Vou nou die voorkante skuins na voor sodat gemerkte kleure ooreenkom. Werk sykante weerskante van onder af tot by A en C toe. Op dié vier punte kom drie lae bymekaar en moet saam vasgewerk word. Los die 2 cm tussen A en B en C en D oop en werk synate tussen B en F en D en E toe. Dop terug na regte kant.
SOURCES
Elmarie Knapton
Christa is sedert Oktober 1999 deel van die Vrouekeur-span en geniet steeds elke dag haar werk as taalversorger. Sy is mal oor haar kinders, kleinkinders, brei en lees en sommer die lewe in die algemeen. Sy moet net keer …