Brei ’n snoesige, los trui om oor te gooi as die koue knyp
Deur Christa Swanepoel
Moeilikheidsgraad: *
Afkortings
aw – aweregs; gl – glip 1 st; r – regs; tgso – trek glipsteek oor
Wat het jy nodig?
5 balle Kartopu Elegance (100 g) in kleur in YMD0050 of kleur van jou keuse
5 ,5 mm- 6,5 mm- en 7,5 mm-naalde
haakspeld
Spanning
12 ste en 17 rye = 10 cm oor ks met 6,5 mm-naalde
Wenke
- Steke word met dikker naald opgesit omdat die breidraad nie rek in het nie en aanhegry sal saamtrek met dunner naalde
- Die trui het ’n lae hals – trek dit oor ’n ander top aan
Aanwysings
Agterpant
Met 7,5 mm-naalde stel 62 ste op. Met 5,5 mm-naalde werk in 2×2-rif vir 11 rye, eindig met RK-ry.
Vlg ry: rif en vmin 10 ste eweredig oor ry tot 52 ste. Met 6,5 mm-naalde gaan voort in ks tot werk sowat 30 cm lank is, eindig met VK-ry. ** Werk nog 51 rye in ks.
Skouervorming Heg 5 ste aan beg van vlg 4 rye af. 32 ste. Heg af.
Voorpant
Werk soos agterpant tot **. 52 ste.
Verdeel vir nek Vlg ry: r23, r2tes, draai, laat oorbl 27 ste op steekhouer. 24 ste op naald.
Vlg ry: aw. Werk 12 rye, vmin 1 st aan halsrand in vlg en elke vlg alt ry. 18 ste. Werk 18 rye, vmin 1 st aan halsrand in vlg en elke vlg 4de ry tot 10 ste. Werk nog 9 rye sonder om te vorm.
Skouervorming Heg 5 ste af, r tot einde.
Vlg ry: aw.
Vlg ry: heg 5 ste af. Met RKV heg draad aan oorbl ste, r2tes en gl hierdie st op haakspeld, r2tes en r tot einde van ry. 24 ste. Voltooi soos eerste helfte, maar spieëlbeeld daarvan.
Moue (dieselfde )
Met 7,5 mm-naalde stel 34 ste op. Met 5,5 mm-naalde werk 15 rye in 2×2-rif.
Vlg ry: rif en vmin 4 ste eweredig oor ry tot 30 ste. Met 6,5 mm-naalde gaan voort in ks tot mou 11 cm lank is, eindig met VK-ry.
Vlg ry: rVa, r tot laaste st, rVa. 32 st.
Vlg ry: aw. Gaan voort in ks en vmeer 1 st aan weersk soos tevore in 13de en elke vlg 14de ry tot 36 ste, dan vlg 18de ry. 38 ste. Gaan voort sonder om te vorm tot mou 43 cm lank is of lengte verlang, eindig met VK-ry.
Moutopvorming Heg 5 ste aan beg van vlg 6 rye af. 8 ste. Heg af.
Nekband
Werk regterskouernaat toe. Met RKV en 5,5 mm-naalde tel op en r 54 ste langs linkerkant van hals, r 1 st oor op haakspeld (plaas merker in hierdie middelsteek), tel op en r 54 ste eweredig langs regterkant van hals en r24 ste oor agterkant van nek. 133 ste.
1ste ry: (aw2, r2) tot 4 ste voor middelste st, aw2, r2tes agter deur lusse, aw middelste st, r2tes agter deur lusse, aw2, (r2, aw2) tot einde.
2de ry: (r2, aw2) tot 3 ste voor middelste st, r1, gl1, r1, tgso, r middelste st, r2tes, r1, (aw2, r2) tot einde.
3de ry: (aw2, r2) tot 2 ste voor middelste st, aw2tes, aw middelste st, aw2tes agter deur lusse, (r2, aw2) tot einde.
4de ry: (r2, aw2) tot 5 ste voor middelste st, r2, aw1, gl1, r1, tgso, r middelste st, r2tes, aw1, r2, (aw2, r2) tot einde.
5de ry: (aw2, r2) tot 4 se voor middelste st, aw2, r2tes, aw middelste st, r2tes agter deur lusse, aw2, (r2, aw2) tot einde.
6de ry: (r2, aw2) tot 3 ste voor middelste st, r1, gl1, r1, tgso, r middelste st, r2tes, r1, (aw2, r2) tot einde.
7de ry: (aw2, r2) tot 2 ste voor middelste st, aw2tes, aw middelste st, aw2tes agter deur lusse, (r2, aw2) tot einde. Heg in rif af en vmin 1 st aan weersk van middelste st soos tevore.
Om te voltooi
Werk linkerskouernaat en nekbandnaat toe. Vou moue lengtegewys in die helfte. Plaas vou op skouernaat en werk moue in posisie. Werk mou- en synate toe. Lê werk plat neer in regte vorm, bedek met klam lap en laat om droog te word. Sien verpakkingsmateriaal vir versorgingsinstruksies.
Christa is sedert Oktober 1999 deel van die Vrouekeur-span en geniet steeds elke dag haar werk as taalversorger. Sy is mal oor haar kinders, kleinkinders, brei en lees en sommer die lewe in die algemeen. Sy moet net keer …