Brei ’n gemaklike trui met jou seun se gunstelingkleure
Moeilikheidsgraad: *
Wat het jy nodig?
6 (7; 8; 9; 10) balle ELLE COUNTRY TWEED DK (50 g) in Bronco (A) 1 bal elk ELLE FAMILY KNIT in Sunshine (B), Red (C) en Royal (D) 3,25 mm- en 4 mm-naalde Steekhouers
Wenk
ELLE COUNTRY TWEED se reeks bestaan uit basiese kleure met klein kleurvlekkies in verskillende kleure – kies een waarvan jy hou en kies jou kleurblokke om by die kleurvlekkies te pas
Brei-inligting
Draai twee breidrade om mekaar en trek effens stywer op voorpant waar jy kleurblokke inbrei om gate te voorkom.
Grootte
3–4 (5–6; 7–8; 9–10; 11–12) jaar
Afkortings
aw – aweregs aw2tes – aweregs 2 ste tesame ks – koussteek oorbl – oorblywende r – regs r2tes – regs 2 ste tesame
Aanwysings
Agterpant
Met 3,25 mm-naalde en A stel 70(77; 84; 91; 98) ste op en werk 4 cm in 1×1-rif, eindig met VK-ry. Met 4 mm-naalde gaan voort in ks tot werk sowat 27(30; 33; 36; 39) cm lank, is, eindig met VK-ry.
Mousgatvorming Heg 3 ste aan beg van vlg 2 rye af. 64(71; 78; 85; 92) ste. Heg verder soos volg af: 2 ste 0(1; 2; 2; 3) keer en 1 st 3(3; 3; 5; 5) keer. 58(61; 64; 67; 70) ste. Gaan voort in ks sonder om te vorm tot werk 38(42; 46; 50; 54) cm lank is, eindig met VK-ry.
Halsvorming
Vlg ry: r16(17; 17; 18; 19), draai, laat oorbl ste op steekhouer.
Vlg ry: aw2tes, aw tot einde. 15(16; 16 17; 18) ste. Gaan voort in ks sonder om te vorm tot werk 40(44; 48; 52; 56) cm lank is, eindig met VK-ry. Heg af. Met RKV heg draad aan oorbl ste, heg 26(27; 30; 31; 32) ste af, r tot einde.
Vlg ry: aw tot laaste 2 ste, aw2tes. 15(16; 16 17; 18) ste. Gaan voort in ks sonder om te vorm tot werk 40(44; 48; 52; 56) cm lank is, eindig met VK-ry. Heg af.
Voorpant
Met 3,25 mm-naalde en A stel 70(77; 84; 91; 98) ste op en werk 4 cm in 1×1-rif, eindig met VK-ry. *Vlg ry: met 4 mm-naalde en A, r23(25; 28, 30; 32), heg B en r24(27; 28; 31; 34), met A, r23(25; 28; 30; 32).
Vlg ry: met A, aw23(25; 28; 30; 32), met B, aw24(27; 28; 31; 34), met A, aw23(25; 28; 30; 32). Onthou om breidrade om mekaar te draai by kleurwisseling. Gaan voort met kleurblok vir ongeveer 12(13; 14; 16; 17) cm. Herh van * met C en dan D, TERSELFDERTYD, as werk 27(30; 33; 36; 39) cm lank is, vorm mousgate soos vir agterpant en as werk 34(38; 42; 45; 49) cm lank is, eindig met VK-ry.
Halsvorming
Vlg ry: r21(22; 22; 23; 24), draai, glip oorbl ste op steekhouer. Heg soos volg af vir hals: 2 ste 2 keer en 1 st 2 keer. 15(16; 16; 17; 18) ste. Gaan voort sonder om te vorm tot werk 40(44; 48; 52; 56) cm lank is, eindig met VK-ry. Heg af. Met RKV heg draad aan oorbl ste, heg 16(17; 20; 21; 22) ste af, r tot einde. Heg soos volg af van hals se kant af: 2 ste 2 keer en 1 st 2 keer. 15(16; 16; 17; 18) ste. Gaan voort sonder om te vorm tot werk 40(44; 48; 52; 56) cm lank is, eindig met VK-ry. Heg af.
MOUE
Met 3,25 mm-naalde en A stel 40(44; 44; 48; 48) ste op en werk 4 cm in 1×1-rif. Met 4 mm-naalde gaan voort in ks tot werk sowat 8(8; 9; 10; 10) cm lank is, eindig met VK-ry. Vmeer 1 st aan weersk van vlg en dan elke 3 cm tot 54(58; 62; 66; 70) ste. Gaan voort sonder om te vorm tot mou 29(33; 36; 40; 44) cm lank is, of lengte verlang, eindig met VK-ry.
Moutopvorming
Heg 3 ste aan beg van vlg 2 rye af. 23(27; 30; 34; 38) ste. Heg soos volg af aan weersk: 2 ste 2 keer en 1 st 3(3; 4; 4; 6) keer. Heg 2 ste aan beg van elke vlg ry af tot werk 34(38; 42; 46; 51) cm lank is. Heg 3 ste aan beg van vlg 2 rye af. Gaan voort in ks en heg af as werk 35(39; 43; 47; 52) cm lank is.
HALSRAND
Werk linkerskouernaat toe. Met RKV en D en 3,25 mm-naalde tel op en r88(92; 96; 100; 100) ste om halsrand.
Vlg ry: r. Werk in 2×2-rif vir 10 rye. Heg in rif af.
Om te voltooi
Werk halsrand- en skouernaat toe. Vou moue lengtegewys in die helfte, plaas vou op skouernaat en werk mou in posisie. Werk mou- en synate toe. Sien verpakkingsmateriaal vir versorgingsinstruksies. Vk
Christa is sedert Oktober 1999 deel van die Vrouekeur-span en geniet steeds elke dag haar werk as taalversorger. Sy is mal oor haar kinders, kleinkinders, brei en lees en sommer die lewe in die algemeen. Sy moet net keer …