Daar is oral in die winkels gebreide rokke of tunieke. Nou kan jy met een spog wat jy self gebrei het
Deur CHRISTA SWANEPOEL
Moeilikheidsgraad: **
Benodigdhede
Ongeveer 12 balle (50 g) ELLE FAMILY KNIT CHUNKY in kleur van jou keuse
5 mm-naalde kabelnaald en sirkelnaald
Mate
Pas borsmaat van 87-96 cm
Spanning
Spaar tyd, doen ’n spanningstoets. Ongeveer 13 ste en 19 rye = 10 cm oor koussteek met 5 mm-naalde
Afkortings
alt – alternatiewe; aw – aweregs; beg – begin; herh – herhaal; kn – kabelnaald; ks – koussteek; oorbl – oorblywende; pat – patroon; r – regs; rs – reksteek: Regs elke ry. ; R(V)K – regte(verkeerde) kant; R(V)KV – regte(verkeerde) kant voor; st(e) – steek(steke); tes – tesame; vermin – verminder; vermeer – vermeerder; vlg – volgende
Brei-inligting
KABEL A
Werk oor 10 ste.
1ste ry: aw2, r6, aw2.
2de ry: werk ste soos dit voorkom.
3de ry: aw2, gl 3 ste na agter op kn, r3, dan r3, van kn, aw2.
4-10de ry: werk ste soos dit voorkom. Herhaal rye 1 tot 10.
KABEL B
1ste, 2de en 4-10de ry: werk soos vir KABEL A.
3de ry: aw2, gl 3 ste na voor op kn, r3, dan r3 van kn, aw2.
KABEL C
Werk oor 8 ste.
1ste ry: aw2, r4, aw2.
2de ry: werk ste soos dit voorkom. 3de ry: aw2, gl 2 ste na agter op kn, r2, en r2 van kn, aw2.
4-6de ry: werk ste soos dit voorkom. Herhaal rye 1 tot 6.
KABEL D
1ste, 2de en 4-6de ry: werk soos vir KABEL C.
3de ry: aw2, gl 2 ste na voor op kn, r2, dan r2 van kn, aw2.
LET WEL: gl 1ste st van elke ry vir netjiese rand.
Agterpant
Stel 86 ste op en werk in rs vir 19 cm.
Vorm sye Heg 1 st aan begin van vlg 2 rye af, rs 8 rye. Werk laaste 10 rye nog 7 keer. 70 ste. Gaan voort in rs tot agterpant 47 cm lank is. Gaan soos volg voort: Vermeer 1 st aan weersk van RK-ry en elke vlg 10de ry nog 2 keer. 76 ste. Werk sonder om te vorm tot agterpant 60 cm lank is.
Mousgatvorming Heg 2 ste aan begin van vlg 2 rye af en vermin terselfdertyd 6 ste (r2tes) eweredig oor RK-ry. 66 ste.
Vlg ry (vermin-ry): randsteek, 8 ste van KABEL C, r2tes, rs tot laaste 11 ste, r2tes, 8 ste van KABEL D, randsteek. Gaan voort in rs en KABEL C en D, werk vermin-ry nog 5 keer (elke 1ste ry van KABEL C en D). Gaan voort in pat soos vasgestel tot agterpant 80 cm lank is, eindig met VK-ry. Heg af.
Voorpant
Stel 86 ste op en werk in rs vir 18 cm. Gaan soos volg voort: randsteek, rs 22, 10 ste KABEL A, rs 20, 10 ste KABEL B, rs 22, randsteek. Gaan voort in rs en KABEL A en B tot agterpant 19 cm lank is. Heg 1 st aan begin van vlg 2 rye af en gaan voort in pat vir 8 rye. Werk laaste 10 rye nog 6 keer. 72 ste. Werk tot voorpant 44 cm lank is en gaan voort net in rs en r2tes in middel van elke kabel om kabel af te rond. 70 ste. Gaan voort in rs tot voorpant 47 cm lank is. Gaan soos volg voort: Vermeer 1 st aan weersk van RK-ry en elke vlg 10de ry nog 2 keer. 76 ste. Werk sonder om te vorm tot voorpant 60 cm lank is.
Mousgatvorming Heg 2 ste aan begin van vlg 2 rye af en vermin terselfdertyd 6 ste (r2tes) eweredig oor RK-ry. 66 ste.
Vlg ry (vermin-ry): randsteek, 8 ste van KABEL C, r2tes, rs tot laaste 11 ste, r2tes, 8 ste van KABEL D, randsteek. Gaan voort in rs en KABEL C en D, werk vermin-ry nog 5 keer (elke 1ste ry van KABEL C en D). Gaan voort in pat soos vasgestel tot voorpant 64 cm lank is, eindig met VK-ry.
Halsvorming Werk in pat tot middelste 8 ste. Heg nuwe bal breidraad aan, maar behou ou bal, heg middelste 8 ste af en werk in pat tot einde. Werk nou albei kante gelyktydig en heg 3 ste aan nekrand af twee keer, dan 2 ste twee keer en 1 st twee keer. As voorpant dieselfde lengte as agterpant tot by skouers is, heg oorbl 18 ste weersk af.
Moue
Stel 40 ste op en werk in rs vir 5 cm.
Vlg ry (VK-ry): vermeer 20 ste eweredig oor ry. 60 ste. Gaan voort in rs tot mou 17 cm lank is, eindig met VK-ry.
Moutopvorming Heg 2 ste aan begin van vlg 2 rye, 1 st aan begin van vlg 38 rye en 2 ste aan begin van vlg 2 rye af. Heg oorbl 14 ste af.
Halsrand en om te voltooi
Werk skouernate toe. Vou moue lengtegewys in die helfte, plaas vou op skouernaat en werk in posisie. Werk sy- en mounate toe. Met sirkelnaald tel op en r ongeveer 108 ste rondom halsrand. Brei 2 rye 1×1-rif en heg af. Sien verpakkingsmateriaal vir versorgingsinstruksies.
Christa is sedert Oktober 1999 deel van die Vrouekeur-span en geniet steeds elke dag haar werk as taalversorger. Sy is mal oor haar kinders, kleinkinders, brei en lees en sommer die lewe in die algemeen. Sy moet net keer …