Dié poncho kan op twee maniere gedra word en kan dalk selfs vir ’n oopkop-man gebrei word
Deur CHRISTA SWANEPOEL Foto ELMARIE KNAPTON
Wat het jy nodig?
- 6 balle CHARITY DK (100 g) in Beige 1 bal elk in 3 kleure van jou keuse. Vir die projek is roesbruin, bottelgroen en maroen gebruik
- 4 mm-naalde
Grootte
- Een grootte pas almal
- Twee bane van 50 cm x 150 cm
Brei-inligting
- Kies enige DK-breidraad in kleure van jou keuse.
- Wissel kleure af soos verkies.
- In die voorbeeld is kleure soos volg afgewissel: 10 rye roesbruin ná ms-rand, 2 rye beige, 8 rye bottelgroen, 2 rye beige, 6 rye maroen, gaan voort in beige en herh kleurstrepe ná 25–28 cm. Herh kleurpatroon aan ander kant van nekopening, maar in teenoorgestelde volgorde.
Afkortings
r – regs; ms – mossteek 1ste ry: (r1, aw1) tot einde. 2de ry: aweregs die r-ste en regs die aw-ste.
Aanwysings
Regterkant
Met Beige stel 90 ste op en werk 10 rye in ms. Gaan soos volg voort:
1ste ry: ms 10, r tot einde.
2de ry: aw tot laaste 10 ste, ms tot einde. Herh laaaste 2 rye tot werk 55 cm lank is, eindig met RK-ry.
Vlg ry: heg 2 ste af, aw tot laaste 10 ste, ms 10.
Vlg ry: ms 10, r tot laaste 10 ste, ms 10.
Vlg ry: ms 10, aw tot laaste 10 ste, ms 10. Herh laaste 2 rye tot verminderde deel 40 cm lank is, eindig met VK-ry.
Vlg ry: ms 10, r tot laaste 10 ste, ms 10, stel 2 ste op. Gaan voort soos eerste deel van werk en eindig met 10 rye ms.
Linkerkant
Werk soos regterkant, maar met vermindering vir nekgedeelte aan die ander kant.
Om te voltooi
Met regte kante in lengte opmekaar, werk twee bane aan weerskante van nekopening aan mekaar.
Christa is sedert Oktober 1999 deel van die Vrouekeur-span en geniet steeds elke dag haar werk as taalversorger. Sy is mal oor haar kinders, kleinkinders, brei en lees en sommer die lewe in die algemeen. Sy moet net keer …