Dit voel behoorlik soos popspeel om hierdie oulike pop en kleertjies te brei
BENODIGHEDE
POP
• 2 balle ELLE PREMIER NATURAL COTTON DK in Peach
• 3,25 mm-naalde
• stopsel
• wol van jou keuse vir hare
• hekelnaald vir hare (opsioneel)
• knopies vir ogies
ROKKIE, BROEKIE EN SKOENTJIES
• 1 bal elk ELLE KIDS DK in Purple Princess en ELLE FAMILY KNIT DK in Crocus
• 4 mm-naalde
• merkers
• 25 cm dun rek
• 60 cm dun lint
AFKORTINGS
aw– aweregs
don – draad om naald
gl– glip
ks– koussteek (1ste ry regs, 2de ry aweregs)
pm – plaas merker
r– regs
rs – reksteek (elke ry regs)
r2tes – regs 2 tesame
rVa – regs voor en agter in elke st
tes– tesame
tgso– trek glipsteek oor
vermeer – vermeerder
POP
Lyf
Met 3,35 mm-naalde stel 48 ste op.
Begin met aw-ry, werk 35 rye ks, eindig met VK-ry.
Verminder vir nek
Vlg ry: r2tes tot einde. 24 ste.
Begin met aw-ry, werk 3 rye.
Vermeerder vir kop
Vlg ry: rVa in elke st tot einde. 48 ste.
Begin met aw-ry, werk 23 rye ks.
Vorm kop
1ste ry: (r4, r2tes) tot einde.
2de ry: aw.
3de ry: (r3, r2tes) tot einde.
4de ry: aw.
5de ry: (r2, r2tes) tot einde.
6de ry: aw.
7de ry: (r1, r2tes) tot einde.
8ste ry: aw.
9de ry: aw2tes tot einde.
Knip draad lank af, ryg dit deur oorbl ste, trek toe en werk kop en lyf toe.
Bene (maak 2)
Met 3,25 mm-naalde stel 16 st op.
1ste ry: vermeer in elke st. 32 ste.
Begin met aw-ry, werk 5 rye ks.
7de ry: r8, (r2tes) 8 keer, r8.
8de ry: aw.
9de ry: r8, (r2tes) 4 keer, r8.
10de ry: aw.
11de ry: r1, rVa, r tot laaste 2 ste, rVa, r1.
12de ry: aw.
13de ry: r1, rVa, r tot laaste 2 ste, rVa, r1.
Begin met aw-ry, werk 9 rye in ks.
23ste ry: r1, (r2tes) 2 keer, r tot laaste 5 ste, (r2tes) 2 keer, r1.
24ste ry: aw.
25ste ry: r1, rVa, r tot laaste 2 ste, rVa, r1.
26ste ry: aw.
Herh laaste 2 rye nog 1 keer. 24 ste.
Werk in ks vir nog sowat 16 rye. Heg af.
Werk van voet af toe tot by beenopening.
Arms (maak 2)
Met 3,25 mm-naalde stel 10 ste op.
1ste ry: r.
2de ry: aw.
3de ry: r1, rVa, r2, rVa, rVa, r2, rVa, r1.
4de ry: aw.
5de ry: r1, rVa, r tot laaste 2 ste, rVa, r1.
Begin met aw-ry, werk 3 rye ks.
9de ry: (r2, r2tes) tot einde.
10de ry: aw.
11de ry: (r3, rVa) tot einde.
Begin met aw-ry, werk 21 rye ks.
Vlg ry: r2tes tot laaste st, r1.
Knip draad lank af, ryg deur oorblywende ste, maar moenie styf trek nie.
Werk van hand af toe tot by arm bo.
Ore (maak 2)
Met 3,25 mm-naalde stel 5 ste op.
1ste ry: r.
2de ry: aw.
3de ry: rVa, r3, rVa.
4de ry: aw.
5de ry: rVa, r5, rVa.
6de ry: aw.
7de ry: heg af.
Om te voltooi
Stop kop en lyf styf op en met naat agter, werk netjies toe aan onderkant. Stop bene styf en met naat agter, werk bo toe. Stop arm styf op, trek arm toe met deurgerygde draad en werk vas. Plaas arms weerskante net onder nek weersk en werk styf aan lyf vas sodat dit effens ondertoe wys. Werk bene stewig onder aan lyf vas. Besluit waar jy ogies wil hê en werk ogies vas. Trek die knopies styf in sodat dit effens in kop intrek. Werk ore weerskante vas. Trek ‘n paar stekies saam vir neusie en werk vas sodat dit knoppie vorm. Met rooi breidraad, werk ‘n mondjies soos verkies.
Hare
Hier het jy verskillende opsies.
*Ek het die hare gehekel. Gebruik gepaste hekelnaald en maak 5 ks, gs in 1ste st om ring te vorm.
1ste rondte: 4 ks (tel as lb en ks), (1 lb, 1 ks) 7 keer, gs in 3de st van 3 ks aan begin.
2de rondte: gs tot in 1ste ks-spasie, 3 ks (tel as lb), 1 lb in dieselfde spasie, *2 lb in vlg ks-spasie, herh van * tot einde, gs in 3de st van 3 ks aan begin.
3de rondte: 3 ks, 1 lb in elke lb in rondte, gs in 3de st van 3 ks aan begin.
Pas kort-kort op kop en gaan so voort tot dit mooi om kop pas soos jy dit verkies. Heg af en werk rondom kop vas.
*Jy kan ook hare in die lengtes knip wat jy verkies die hare moet wees as jy dit dubbeld vou. Vou die lengtes dubbel, druk ‘n hekelnaald deur steke op die kop en trek die lus deur, trek die twee los punte deur die lus en trek dit styf. Begin op ‘n punt op die kop en doen dit ry vir ry tot die kop vol is. Knip die “hare” agterna tot dit vir jou mooi lyk of bind dit in poniesterte.
ROKKIE
Met 4 mm-naalde en effe breidraad stel 43 ste op.
Werk 2 rye rs.
Met bont breidraad, werk soos volg:
Vlg ry (knoopsgatry): r3, don r2tes, r ot einde.
Vlg ry: r tot einde.
5de ry: met effe breidraad r8 (regs agter), pm, r6 (mou), pm, r15 (voorkant), pm, r6 (mou), pm, r8 (links agter).
2de ry: aw.
3de ry: r deurgaans en vermeer 1 st voor en ná elke merker.
4de ry: aw.
Herh laaste 2 rye tot 99 ste of lengte verlang vir bolyf.
Gaan soos volg voort:
Vlg ry: r tot 1ste merker en plaas gebreide ste (regs agter) op stuk breidraad, r tot by vlg merker (mou), plaas voorkant, vlg mou en linkeragterkant elke op stuk breidraad vir later.
Gaan voort op ste op naald vir mou.
1ste ry: stel 2 ste op en aw tot einde.
2de ry: stel 2 ste op en r tot einde.
Werk 4 rye in ks.
Met bont breidraad werk 2 rye rs.
Met effe breidraad werk 2 rye rs en heg af.
Sit ste van 2de mou terug op naald, heg draad aan begin van 2de mou en r tot einde. Voltooi soos 1ste mou.
Lyf: Plaas ste van linkeragterkant en voorkant op linkernaald en regteragterkant wat jy reeds gebrei het op regternaald. Heg draad aan laaste st van regteragterkant, stel 4 ste op, r oor voorkant, stel 4 ste op en r tot einde oor linkeragterkant.
Vlg ry: aw.
Vlg ry (gaatjiesry): (r1, don, r2tes) tot einde.
Vlg ry: aw.
Vlg ry: r en vermeer eweredig oor ry tot veelvoed van 12.
Gaan soos volg voort:
1ste ry: r1, don, r3, gl1, r2tes, tgso, r3, don, r1, aw1.
2de en elke alt ry: aw.
3de ry: r2, don, r2, gl1, r2tes, tgso, r2, don, r2, aw1.
5de ry: r3, don, r1, gl1, r2tes, tgso, r1, don, r3, aw1.
7de ry: r4, don, gl1, r2tes, tgso, don, r4, aw1.
8ste ry: aw.
Herh 1st tot 8ste ry nog 3 keer. Heg af.
Om te voltooi
Werk naat agter toe van onder af tot in helfte van borsgedeelte. Ryg lint deur gaatjies of hekel ‘n koordjie soos volg: Met 4 mm-hekelnaald maak ry ks van sowat 60 cm. Ryg deur gaatjies in middel en werk knoop regoor knoopsgat aan.
Broekie
Met effe breidraad en 4 mm-naalde stel 25 ste op.
1ste ry (RK): r.
2de ry: r1, don, r2tes, tot einde, r1.
3de ry: r.
4de ry: r.
Gaan voort in ks vir ongeveer 4 cm.
Vlg ry: heg 10 ste af, r tot einde.
Vlg ry: heg 10 ste af, r tot einde.
Werk 2 rye ks.
Vlg ry: r en stel 10 ste op aan einde van ry.
Vlg ry: aw en stel 10 ste op aan einde van ry.
Werk in ks vir 4 cm eindig met RK-ry.
Vlg ry: r.
Vlg ry: herh 2de ry.
Vlg ry: r.
Vlg ry: r. Heg af.
Om te voltooi
Vou dubbel, werk sykant toe. Keer om na regte kant en ryg rek deur om om lyfie te pas.
Skoene
Met 4 mm-naalde en effe kleur stel 26 st eop en werk 10 rye in rs.
Vlg ry: r11, (r2tes) 2 keer, r11.
Vlg ry: r10. (r2tes) 2 keer, r10.
Vlg ry: r.
Vlg ry: (r4, vermeer in vlg st) tot laaste 2 ste, r2.
Vlg ry: Werk in 1×1-rif vir 6 rye. Heg af.
Met verkeerde kant op mekaar, werk naat agter en onder voet toe. Vou rif in helfte na buite en werk vas.
Christa is sedert Oktober 1999 deel van die Vrouekeur-span en geniet steeds elke dag haar werk as taalversorger. Sy is mal oor haar kinders, kleinkinders, brei en lees en sommer die lewe in die algemeen. Sy moet net keer …