Brei hierdie trui vir ’n meisie in bont of effekleur – met dié kantpatroon lyk dit ewe mooi
CHRISTA SWANEPOEL
Wat het jy nodig?
ELLE PURE GOLD DK (100 g)
1(1; 1; 2; 2; 2) balle in Terracota A
1(1; 1; 1; 1; 2) balle in Glamour B
1(1; 1; 1; 1; 2) balle in Soft Moss C
3,25 mm- en 4 mm-naalde
5(5; 6; 6; 6; 6) knope
Mate
2-3(4-5; 6-7; 8-9; 10-11) jaar
Afkortings
aw – aweregs
dnv – draad na voor
gl1 – glip 1 st regsgewys
gs – glipsteek
pat – patroon
r – regs
R(V)K(V) – regte (verkeerde) kant voor
tgso – trek gs oor
vermeer – vermeerder
vermin – verminder
weersk – weerskante
Brei-inligting
Kleurvolgorde: 2 rye C, 4 rye B, 2 rye A, 4 ryeC, 2 rye B, 4 rye A, herh van begin. Met vermindering, behou patroon sover moontlik en werk in koussteek waar jy sukkel.
Aanwysings
Agterpant
Met 3,25 mm-naalde en A stel 74(82; 86; 90; 98) ste op.
1ste ry: *r2, aw2, herh van * tot laaste 2 ste, r2.
2de ry: aw2, *r2, aw2, herh van * tot einde. Hierdie 2 rye sal nou na verwys word as 2×2- rif. Werk nog 7 rye in rif.
10de ry: aw en vermin eweredig oor ry tot 68(70; 76; 81; 85) ste. Met 4 mm-naalde gaan soos volg voort:
1ste ry: r1.
2de ry: aw.
3de ry: r1(2; 5; 2; 4), *(r2tes) 2 keer, dnv, (r1, dnv) 6(6; 6; 7; 7) keer, (gl1, r1 , tgso) 2 keer, herh van * tot laaste r1(2; 5; 2; 4) ste, r1(2; 5; 2; 4). (patroon van * tot * = veelvoud van 11)
4de ry: aw.
5de ry: soos 3de ry.
6de ry: aw. Van 1ste tot 6de ry stel pat vas. Werk in pat vir 36(42; 54; 60; 60) rye.
Mousgatvorming Heg 4(6; 6; 7; 8) ste aan beg van vlg 2 rye af. 64(63; 70; 74; 77) ste. Gaan voort in pat tot mousgat 13(14; 15; 16; 17) cm lank is, eindig met VK-ry. Heg af en plaas merkers weersk van middelste 28(30; 33; 31; 31) ste.
Linkervoorpant
Met 3,25 mm-naalde en A stel 35(35; 39; 43; 47) ste op.
1ste ry: *r2, aw2, herh van * tot laaste 3 ste, r2, aw1.
2de ry: r1, aw2, *r2, aw2, herh van * tot einde. Hierdie 2 rye stel rif vas. Werk nog 7 rye in rif.
10de ry: aw en vermin ewerdig oor ry tot 28(30; 35; 37; 39) ste. Met 4 mm-naalde en kleurvolgorde soos agterpant, gaan soos volg voort:
1ste ry: r3(4; 1; 2; 3), 1ste ry van pat soos agterpant van * tot * tot laaste 3(4; 1; 2; 3) ste, r3(4; 1; 2; 3).
2de ry: aw3(4; 1; 2; 3), 2de ry van pat soos agterpant van * tot * tot laaste 3(4; 1; 2; 3) ste, aw3(4; 1; 2; 3). Gaan voort in pat en kleurvolgorde vir 42(54; 60; 60; 66) rye.
Mousgatvorming
Heg af soos vir agterpant en gaan voort tot mousgat 6(7; 8; 8; 9) cm lank is, eindig met RK-ry.
Halsvorming
Vlg ry: heg 3(3; 3; 4; 4) ste af, pat tot einde. 25(27; 32; 33; 35) ste Werk 4(4; 4; 2; 4) rye vermin 1 st aan nekrand in elke ry. 21(23; 28; 31; 31) ste. Werk 5(5; 7; 9; 7) rye, vermin 1 st aan nekrand in vlg en elke vlg alt ry. 18(20; 24; 26; 27) ste. Gaan voort sonder om te vorm tot mousgat 13(14; 15; 16; 17) cm lank is, eindig met VK-ry. Heg oorbl 18(20; 24; 26; 27) ste af.
REGTERVOORPANT
Voltooi soos linkervoorpant, maar spieëlbeeld daarvan.
Moue (dieselfde)
Met 3,25 mm-naalde en A stel 42(42; 46; 46; 50) ste op. Werk 9 rye in 2×2-rif.
10de ry: aw en vermin 1(1; 0; 0; 0) ste eweredig oor ry. 41(41; 46; 46; 50) ste. Met 4 mm-naalde gaan soos volg voort:
1ste ry: r4(4; 1; 1; 3), 1ste ry van pat van * tot * tot laaste 4(4; 1; 1; 3) ste, r4(4; 1; 1; 3).
2de ry: aw4(4; 1; 1; 3), 2de ry van pat van * tot * tot laaste 4(4; 1; 1; 3) ste, aw4(4; 1; 1; 3). Gaan voort in pat en kleurvolgorde en vermeer 1 st aan weersk van 3(3; 1; 1; 5)e en elke vlg 14(10; 12; 10; 8)e ry tot 49(53; 58; 62; 64) ste.
Vir slegs 5de grootte Vermeer 1 st aan weersk van elke vlg 10de ry tot 68 ste.
Vir al 6 groottes Gaan voort tot mou sowat 24(29; 33;37;41)cm lank is, of lengte verlang, eindig met VK-ry. Moutopvorming
Werk 4(8; 8; 8; 10) rye. Heg 4(5; 6; 4; 5)ste in pat aan beg van vlg 6(2; 6; 4; 2) rye af. Heg 5(6; 7; 5; 6) ste in pat aan beg van vlg 4(6; 2; 8; 8) rye af. Heg oorbl ste af.
Nekband
Werk skouernate toe. Met RKV en 3,25 mmnaalde en A tel op en r 19(19; 23; 25; 25) ste eweredig langs regterkant van nek, 30(30; 30; 30; 34) ste van 28(30; 33; 31; 31) ste aan agterkant van nek en 19(19; 23; 25; 25) ste eweredig langs linkerkant van nek. 68(68; 76; 80; 84) ste.
1ste ry: r1, *aw2, r2, herh van * tot laaste 3 ste, aw2, r1.
2de ry: aw1, r2, *aw2, r2, herh van * tot laaste st, aw1. Hierdie 2 rye sal nou na verwys word as rif. Werk nog 5 rye in rif. Heg in rif af.
Regter voorrand
Met RKV en 3,25 mm-naalde en A, tel op en r 7 ste eweredig langs rif, 64(80; 84; 92; 96) ste eweredig langs voorste rand en 7 ste eweredig langs nekband. 78(94; 98; 106; 110) ste. Begin met 2 de ry van 2×2-rif werk 2 rye.
Vlg ry: rif4(4; 3; 5; 4), heg 1 st af, rif 14[25; 15; 16; 17; 18], heg 1 st af) 4(5; 5; 5; 5) keer, rif 4(3; 3; 4; 4).
Vlg ry: rif en stel 1 st op oor knoopsgat. Werk nog 3 rye in rif. Heg af.
LINKERVOORRAND
Met RKV en 3,25 mm-naalde en A tel op en r 7 ste eweredig langs nekband, 64(80; 84; 92; 96) ste eweredig langs voorste rand en 7 ste eweredig langs rif. Voltooi soos regtervoorrand maar sonder knoopsgate.
Om te voltooi
Vou moue in die helfte, plaas vou op skouernaat en werk vas. Werk sy- en mounate toe. Werk knope aan. Lê plat neer, bedek met klam lap en laat om droog te word. Sien verpakkingsmateriaal vir versorgingsinstruksies.
Christa is sedert Oktober 1999 deel van die Vrouekeur-span en geniet steeds elke dag haar werk as taalversorger. Sy is mal oor haar kinders, kleinkinders, brei en lees en sommer die lewe in die algemeen. Sy moet net keer …