Dié moulose top hou die lyf warm op daai herfsdae wat ’n byt in die lug het
Wat het jy nodig?
4 (5; 6) balle KARTOPU ZAMBAK (100 g) in K025 5 mm- en 6 mm-naalde
Afkortings
don – draad om naald gl1 – glip 1 steek k6a – glip 3 ste na op kabelnaald na agter, r3 dan r3 van kabelnaald ks – koussteek ms – mossteek patsteek – patroonsteek r – regs randste – randsteke tgso – trek glipsteek oor
Grootte
Pas XS-S(M–L; L–XL) Pas ongeveer 76-86(91-108; 112-117)
Brei-inligting
Die patroonsteek trek werk effens in.
Patroonsteek
Oor veelvoud van 10 1ste ry: *aw1, k2, don, gl1, r1, tgso, r4, aw1, herh van * tot einde. 2de ry en elke alt ry: *r1, aw8, r1, herh van * tot einde. 3de ry: *aw1, r3, don, gl1, r1, tgso, r3, aw1, herh van * tot einde. 5de ry: *aw1, r4, don, gl1, r1, tgso, r2, aw1, herh van * tot einde. 7de ry: *aw1, r5, don, gl1, r1, tgso, r1, aw1, herh van * tot einde. 9de ry: *aw1, k6a, don, gl1, r1, tgso, aw1, herh van * tot einde. 10de ry: soos 2de ry. Herh 1ste tot 10de ry.
Aanwysings
AGTERPANT
Met 5 mm-naalde stel 76(96; 116) ste op en werk 8 rye in ms. Met 6 mm-naalde begin met pat en gaan voort met patsteek met 3 randste weersk deurgaans in agterstevoor-ks gebrei tot agterpant 30(34; 38) cm lank is, of lengte verlang, tot onder arm. Gaan voort in pat waar moontlik en werk in ks waar pat nie inpas nie, heg soos volg af vir mousgate aan weersk: 4 ste 1 keer, 3 ste 1 keer, 2 ste 1(2, 2) keer, 1 st 1 (3; 5) keer. 56(68; 84) ste. Gaan voort in pat tot agterpant 56(62; 68) cm lank is, eindig met VK-ry. Heg af.
REGTERVOORPANT
Met 5 mm-naalde stel 42(52: 62) ste op en werk 8 rye in ms. Gaan soos volg met 6 mm-naalde voort:
1ste ry: ms8, 2 randste, werk in patsteek tot laaste 2 ste, 2 randste.
2de ry: 2 randste, pat tot laaste 10 ste, 2 randste, ms8. Gaan voort met pat en ms-rand tot voorpant 30(34; 38) cm lank is, of lengte verlang tot onder arm, eindig met RK-ry. Gaan voort in pat waar moontlik en werk in ks waar pat nie inpas nie, heg soos volg af vir mousgate: 4 ste 1 keer, 3 ste 1 keer, 2 ste, 1(2, 2) keer, 1 st 1 (3; 5) keer. 34(38; 46) ste. Gaan voort in pat tot voorpant 45(49; 53) cm lank is, eindig met 56(62; 68) cm lank is, eindig met VK-ry. Heg af. Heg soos volg af aan halsrand se kant: 7(9; 15) ste 1 keer en 1 st 5 keer keer. 22(24; 26) ste. Gaan voort in pat sonder om te vorm tot werk 56(62; 68) cm lank is, eindig met VKry. Heg af.
LINKERVOORPANT
Werk soos regtervoorpant, maar spieëlbeeld daarvan.
MOURANDE
Werk skouernate toe. Tel op en r ste eweredig rondom mousgate (ongeveer 1 st elke 2de ry). Werk 5 rye in ms. Heg af.
KRAAG
Met 6 mm-naalde tel op en r ste eweredig oor ms-rande en halsrand. Die hoeveelheid maak nie soveel saak nie. Werk in ms vir 15(17;19) cm. Heg af. OM TE VOLTOOI Werk mousgatrand- en synate toe.
Kartopu is te kry by Elite in Pretoria 012_800 1541 of bel 082 920 8844 vir naaste verskaffer
Christa is sedert Oktober 1999 deel van die Vrouekeur-span en geniet steeds elke dag haar werk as taalversorger. Sy is mal oor haar kinders, kleinkinders, brei en lees en sommer die lewe in die algemeen. Sy moet net keer …