Hierdie breidraad is nie warm nie en dus ideaal vir die somer.
Christa Swanepoel
Wat het jy nodig?
2 tolle Bamboo-breidraad 4-draad (250g) in kleur van jou keuse
3,25 mm-sirkelbreinaald
1 knoop
Grootte
Pas borsmaat van: 81(86; 91; 97; 102; 107) cm
Spanning
28 ste + 36 rye = 10 cm oor patroon met 3,25 mm-naalde
BREI-INLIGTING
Werk in ks waar patsteek nie inpas nie.
Wenk Trui sit redelik styf. As jy van ’n losser trui hou, brei vir jou die groter grootte.
PATROONSTEEK
Veelvoud van 4 plus 2
1ste ry: r1, *don, gl1, r3, tgso, herh van * tot laaste st, r1.
2de ry: aw.
3de ry: r.
4de ry: aw.
AGTERPANT
Met 2,75 mm-naalde stel 118(122; 130; 138; 146; 154) ste op.
1ste ry: r.
2de ry: r.
Begin met pat en gaan voort tot agterpant 24(24; 24; 25; 26; 28) cm lank is, eindig met VK-ry.
Werk nog ongeveer 40(46; 46; 42; 42; 40) rye, eindig met 4de ry van pat.
Mousgatvorming
Werk 7(7; 8; 8; 8; 10) rye, vmin 1 st aan weersk van elke ry. 104(108; 114; 122; 130; 134) ste.
Gaan voort sonder om te vorm tot mousgate 19(19; 20; 21; 22; 23) cm lank is, eindig met VK-ry.
Skouervorming
Heg 14(16; 17; 19; 20; 21) ste aan beg van vlg 2 rye af. 76(76; 80; 84; 90; 92) ste.
Heg 15(16; 18; 19; 21; 22) ste aan beg van vlg 2 rye af. 46(44; 44; 46; 48; 48) ste. Heg oorbl 46(44; 44; 46; 48; 48) ste af.
LINKERVOORPANT
Stel 54(58; 62; 66; 70; 74) ste op.
1ste ry: r.
2de ry: r.
Begin met pat en gaan voort tot linkervoorpant 24(24; 24; 25; 26; 28) cm lank is, eindig met VK-ry.**
Halsvorming
1ste ry: pat tot laaste 2 ste, pat2tes (nekrand). 53(57; 61; 65; 69; 73) ste.
2de ry: pat.
Werk 22(10; 8; 14; 6; 6) rye, vmin 1 st aan nekrand in 3de en elke vlg 4(4; 0; 4; 0; 0)e ry. 48(55; 60; 62; 68; 72) ste.
Werk 16(34; 36; 26; 34; 32) rye, vmin 1 st aan nekrand in vlg en elke vlg 6de ry. 45(49; 54; 57; 62; 66) ste.
Mousgatvorming
1ste ry: pat2tes (mousgatrand), pat tot laaste 0(0; 2; 0; 0; 0) ste, (pat2tes) 0(0; 1; 0; 0; 0) keer. 44(48; 52; 56; 61; 65) ste.
2de ry: pat tot laaste 2 ste, pat2tes. 43(47; 51; 55; 60; 64) ste.
Werk 5(5; 6; 6; 6; 8) rye vmin 1 st aan mousgatrand in elke ry, TERSELFDERTYD, vmin 1 st aan nekrand in 1(1; 5; 3; 1; 3)e ry. 37(41; 44; 48; 53; 55) ste.
Gaan voort in pat en vmin 1 st slegs aan nekrand in 2(2; 3; 3; 1; 1)e, 4de en dan elke vlg 6de ry tot 29(32; 35; 38; 41; 43) ste.
Gaan voort sonder om te vorm tot mousgat 19(19; 20; 21; 22; 23) cm lank is, eindig met VK-ry.
Skouervorming
Heg 14(16; 17; 19; 20; 21) ste af, pat tot einde. 15(16; 18; 19; 21; 22) ste. Heg oorbl 15(16; 18; 19; 21; 22) ste af.
REGTERVOORPANT
Werk soos linkervoorpant tot **.
Halsvorming
1ste ry: pat2tes (nekrand), pat tot einde. 53(57; 61; 65; 69; 73) ste.
2de ry: pat.
Werk 22(10; 8; 14; 6; 6) rye, vmin 1 st aan nekrand in 3de en elke vlg 4(4; 0; 4; 0; 0)e ry. 48(55; 60; 62; 68; 72) ste.
Werk 16(34; 36; 26; 34; 32) rye, vmin 1 st aan nekrand in vlg en elke vlg 6de ry. 45(49; 54; 57; 62; 66) ste.
Mousgatvorming
1ste ry: 1ste ry: (pat2tes) 0(0; 1; 0; 0; 0) keer, pat tot laaste 2 ste, pat2tes (mousgatrand). 44(48; 52; 56; 61; 65) ste.
2de ry: pat2tes, pat tot einde. 43(47; 51; 55; 60; 64) ste.
Werk 5(5; 6; 6; 6; 8) rye vmin 1 st aan nekrand in 1(1; 5; 3; 1; 3)e, TERSELFDERTYD, vmin 1 st aan mousgatrand in elke ry. 37(41; 44; 48; 53; 55) ste.
Gaan voort in pat en vmin 1 st slegs aan nekrand in 2(2; 3; 3; 1; 1)e, 4de en dan elke vlg 6de ry tot 29(32; 35; 38; 41; 43) ste.
Gaan voort sonder om te vorm tot mousgat 19(19; 20; 21; 22; 23) cm lank is, eindig met RK-ry.
Skouervorming
Heg 14(16; 17; 19; 20; 21) ste af, pat tot einde. 15(16; 18; 19; 21; 22) ste. Heg oorbl 15(16; 18; 19; 21; 22) ste af.
MOUE
Stel 81(85; 89; 89; 97; 101) ste op.
1ste ry: r.
2de ry: r.
Beg met pat en vmeer 1 st aan weerk van 1(3; 1; 1; 1; 1)e en elke vlg 6de ry tot 93(101; 103; 101; 107; 115) ste, werk vmeerste in pat.
Vir slegs 1ste, 3de, 4de en 6de grootte
Vmeer 1 st aan weersk van elke vlg 8(8; 8; 8; 10)e ry tot 95(107; 107; 113; 117) ste, werk vmeerste in pat. Gaan voort sonder om te vorm tot mou 20(20; 22; 23; 23; 24) cm lank is, eindig met VK-ry.
Moutopvorming
Werk 7(7; 8; 8; 8; 10) rye, vmin 1 st aan weersk van elke ry. 81(87; 91; 91; 97; 97) ste.
Werk 1(1; 0; 0; 0; 0) rye sonder om te vorm.
Heg 5(5; 4; 4; 4; 4) ste aan beg van vlg 12(8; 2; 2; 6; 6) rye af. 21(47; 83; 83; 73; 73) ste.
Heg 6(6; 5; 5; 5; 5) ste aan beg van vlg 2(6; 14; 14; 12; 12) rye af. 9(11; 13; 13; 13; 13) ste. Heg oorbl 9(11; 13; 13; 13; 13) ste af.
OM TE VOLTOOI
Werk skouernate toe. Vou moue lengtegewys in die helfte, plaas vou op skouernaat en werk in posisie. Werk sy- en mounate toe. Werk knoop aan waar halsvorming begin. (Gaatjies in patroon dien as knoopsgat.) Lê plat neer, bedek met klam lap en laat om droog te word. Sien verpakkingsmateriaal vir versorgingsinstruksies.
SOURCES
Elmarie Knapton
Christa is sedert Oktober 1999 deel van die Vrouekeur-span en geniet steeds elke dag haar werk as taalversorger. Sy is mal oor haar kinders, kleinkinders, brei en lees en sommer die lewe in die algemeen. Sy moet net keer …