Brei sommer gou hierdie knus trui in een stuk van mou tot mou
Deur CHRISTA SWANEPOEL
Moeilikheidsgraad: *
Wat het jy nodig?
1 1(13; 14; 15; 16) balle ELLE FAMILY KNIT CHUNKY in Gumdrops 5,5 mm-sirkelnaald 5,5 mm-naalde 6 mm-naalde 7 mm-naalde Steekhouers
Spanning
15 ste x 21 rye = 10 cm oor ks met 5,5 mm-naalde
Afkortings
r – regs; vmeer – vermeerder rs – reksteek (elke ry regs)
Grootte
Klein, Medium, Groot, X-groot. XX-groot of ongeveer 81–86(91–97; 101–107; 112–117; 122–127) cm
Aanwysings
Begin by linkermou Met 5,5 mm-reguit naalde stel 32(32: 34; 34; 34) ste op. Gaan voort in rs deurgaans vir 12 rye.
Mouvorming Slegs 1ste en 2de grootte Vmeer 1 st aan weersk van vlg en elke vlg 6de ry tot 62(62) ste.
Vir slegs 3de, 4de en 5de grootte Vmeer 1st aan weersk van vlg en elke vlg 4de ry altesaam 12 keer tot 58, dan elke 6de ry 6 keer tot 70(70; 70) ste. 62(62; 70; 70; 70) ste. Plaas merker aan weersk van laaste ry. Gaan voort sonder om te vorm tot mou 50–51 cm lank is, of lengte verlang, eindig met VK-ry.
Lyf
Met sirkelnaald stel 25(26; 23; 24; 24) ste aan beg van vlg 2 rye op. 112(114; 116; 118; 118) ste. Meet nou van hier af. Gaan voort in rs tot werk 13(15; 17; 19; 20) cm lank is, eindig met VK-ry. Werk oor eerste 56(57; 58; 59; 59) ste en plaas op steekhouer vir agterpant.
Voorpant
Vlg ry: heg 5 ste af, r tot einde. 51(52; 53; 54; 54) ste
Vlg ry: r. Heg 1 st af aan beg van vlg ry dan elke alt ry tot 45(46; 47; 48; 48) ste. Gaan voort in rs sonder om te vorm vir 8(8; 9; 10,5; 10,5) cm, eindig met VK-ry. Vmeer 1 st aan beg van ry dan elk alt ry nog 5 keer. 51(52; 53; 54; 54) ste.
Vlg ry: r en plaas voorpant se ste op steekhouer.
Agterpant
Glip steke van eerste steekhouer op sirkelnaald en heg draad aan VK. Gaan voort in ks tot so lank soos voorpant, eindig met VK-ry.
Heg voor- en agterpant
Vlg ry: r tot einde van ry, stel 5 ste op en r oor ste op tweede steekhouer. 112(114; 116; 118; 118) ste. Gaan voort sonder om te vorm vir 13(15; 17; 19; 20) cm, eindig met VK-ry.
Vorm sye Heg 25(26; 23; 24; 24) ste aan beg van vlg 2 rye af. 62(62; 70; 70; 70) ste. Werk in rs so lank soos eerste mou tot by merker.
Slegs 1ste en 2de grootte Heg 1 st aan weersk van vlg en elke vlg 6de ry af tot 32(32) ste.
Vir slegs 3de, 4de en 5de grootte Heg 1 st af aan weersk van vlg en elke vlg 6de ry af altesaam 6 keer tot 58, dan elke 4de ry tot 34(34; 34) ste. Gaan voort sonder om te vorm tot mou so lank is soos eerste mou. Heg af.
ONDERKANT (maak 2)
Stel 52(70; 78; 86; 90) ste op en werk in ks vir 18(18; 19; 20; 20) cm. Heg af. (LET WEL, as jy los brei, is dit dalk nodig om ’n paar steke minder op te sit. Dit moenie wyer as breedte van pant wees nie. Indien onseker brei ’n toetslappie om jou hoeveelheid steke te bepaal.)
KRAAG
Met 5,5 mm-naalde stel 68 ste op en werk in rs vir 10 cm. Met 6 mm-naalde gaan voort in rs tot werk 15 cm lank is. Met 7 mm-naalde gaan voort in rs tot werk 20 cm lank is. Heg af.
Om te voltooi
Vou werk in helfte en werk mou- en synate toe. Met regte kante teen mekaar werk twee onderkante aan voor- en agterpant vas, maar laat sye oop. Met regte kante teen mekaar, werk kraag om halsopening vas, maar aan verkeerde kant vir omslaan.
Christa is sedert Oktober 1999 deel van die Vrouekeur-span en geniet steeds elke dag haar werk as taalversorger. Sy is mal oor haar kinders, kleinkinders, brei en lees en sommer die lewe in die algemeen. Sy moet net keer …