Brei ’n oulike knooptruitjie met ’n kappie vir ’n klein mensie
Deur CHRISTA SWANEPOEL Foto ANDREA CALDWELL
Wat het jy nodig?
3 (4) balle (50 g) in Kartopu Baby Natural Prints in kleur H1806 Een paar elk 3 mm- en 3,25 mm-naalde Steekhouers
Grootte
3–6 (6–12) maande
Spanning
20 ste en 27 rye = 10 cm oor ks met 3,25 mm-naalde
Afkortings
aw – aweregs r – regs R(V)K – regte(verkeerde) kant tes – tesame vmeer – vermeerder vmin – verminder
Aanwysings
Agterpant
Met 3 mm-naalde stel 58(64) ste op en werk 7 rye in 2×2-rif.
8ste ry: rif en vmin eweredig tot 52(58) ste. Met 3,25 mm-naalde gaan voort in ks tot werk 13(17) cm lank is, eindig met VK-ry.
Mousgatvorming
Werk 5 rye en vmin 1 st aan weersk van elke ry tot 42(48) ste. Gaan voort sonder om te vorm tot mousgat 11(12) cm lank is, eindig met VK-ry.
Skouervorming
Heg 6(7) ste aan beg van vlg 4 rye af. 18(20) ste. Laat op steekhouer. Linker voorpant Met 3 mm-naalde stel 27(31) ste op. 1ste ry: r2 (aw2, r2) tot laaste st, aw1. 2de ry: r1 (aw2, r2) tot laaste 2 ste, aw2 Werk nog 5 rye in rif. 8ste ry: rif en vmin eweredig tot 24(27) ste, Met 3,25 mm-naalde gaan voort tot werk 17 cm lank is, eindig met VK-ry.
Mousgatvorming
Vlg ry: r2tes, r tot einde. 23(26) ste. Werk nog 4 rye, vmin 1 st aan mousgatrand in elke ry. 19(22) ste. Gaan voort sonder om te vorm tot mousgat 7(8) cm lank is, eindig met RK-ry.
Halsvorming
Vlg ry: heg 2 ste af, aw tot einde. 17(20) ste. Werk 5(6) rye, vmin 1 st aan halsrand in elke ry. 12(14) ste. Gaan voort tot mousgat 12 cm lank is, eindig met VK-ry.
Skouervorming
Vlg ry: heg 6(7) ste af, r tot einde. 6(7) ste. Vlg ry: aw. Heg af. Regter voorpant Voltooi soos linkervoorpant maar spieëlbeeld daarvan. Moue Met 3 mm-naalde, stel 32(36) ste op en werk in 2×2-rif vir 7 rye. 8ste ry: rif en vmin 2 ste oor ry. 30(34) ste. Met 3,25 mm-naalde gaan voort in ks en vmeer 1 st aan weersk van 3de en elke vlg 4de ry tot 44(48) ste. Gaan voort sonder om te vorm tot mou 17(20) cm lank is, eindig met VK-ry.
Moutopvorming
Werk 5 rye, vmin 1 st aan weersk van elke ry. 34(38) ste. Heg 6(7) ste aan beg van vlg 2 rye af. 22(24) ste. Heg 9(10) ste aan beg van vlg 2 rye af. 4 ste. Heg af. Voorste rande
Linkerrand
Stel 6 ste op en werk in reksteek tot dit oor voorste rand pas as dit effens gestrek word. Heg af. Merk op band vir 5 knope.
Regterrand
Stel 6 ste op en werk in rs tot by eerste merk aan linkerkant: r2, don, r2tes, r2. Gaan voort in rs en herhaal vir vlg 4 knoopsgate. Voltooi tot verlangde lengte. Heg af. Kappie Met 3,25 mm-naalde stel 19(23) ste op en met RKV r oor 18(20) ste oor op steekhouer aan agterkant van nek, stel 19(23) ste op. 56(66) ste. Vlg ry: aw. Gaan voort in ks tot kappie 17(18) cm lank is, eindig met VK-ry.
Vorm bokant
Heg 19(22) ste af, r18(22), heg 19(22) ste af. 19(23) ste. Met VKV heg draad aan oorbl 19(23) ste en aw tot einde. Gaan voort sonder om te vorm tot kappie 10(11) cm lank is van afhegste af, eindig met VK-ry. Werk synate van kappie aan afhegste vas.
Kappierand
Met 3 mm-naalde tel op en r 43(47) ste eweredig oor regterkant van kappie, 18(22) ste oor bokant van kappie en 43(47) st eweredig langs linkerkant van kappie. 104(116) ste. Vlg ry: r1, *aw2, r2 tot laaste 3 st, aw2, r1. Gaan voort in rif vir nog 4 rye. Heg in rif af.
Om te voltooi
Werk skouernate toe. Vou moue lengtegewys in die helfte, plaas vou op skouernaat en werk in posisie. Werk mou- en synate toe. Pas kappie halfpad oor voorste rande en werk in posisie. Werk knope aan. Lê plat neer, bedek met klam lap en laat om droog te word. Sien verpakkingsmateriaal vir versorgingsinstruksies.
Christa is sedert Oktober 1999 deel van die Vrouekeur-span en geniet steeds elke dag haar werk as taalversorger. Sy is mal oor haar kinders, kleinkinders, brei en lees en sommer die lewe in die algemeen. Sy moet net keer …