Die patroon vir hierdie kombersie is baie makliker as wat dit lyk
Moeilikheidsgraad: *
Wat het jy nodig?
ELLE Lullaby DK (100 g)
2 balle Chipmunk (basiskleur A)
1 bal elk Cricket (B), Lilac (C), Peaches (D), Sky (E), Mauve (F)
4,5 mm-sirkelnaald
4,5 mm-hekelnaald
Afkortings
aw – aweregs gl2 – glip 2 ste aweregsgewys ks – kettingsteek lb – langbeen r – regs
Grootte
Sowat 90 cm x 110 cm
Brei -inligting
Met die hoeveelheid breidraad wat jy het, sal daar nog genoeg oor wees om die kombersie langer te maak. Besluit self hoe lank jy dit wil hê. Patroon word oor oor ’n veelvoud van 8 steke plus 4 gebrei – jy kan dus besluit hoe breed jy die kombersie wil hê. Wissel net twee kleure af of maak dit so bont as wat jy wil – dis ’n goeie manier om van oorskietbreidraad ontslae te raak.
Aanwysings
1ste ry (RK): met A, r.
2de ry: met A, r.
3de ry: met B, r1, met draad na agter gl2 aweregsgewys, *r6, met draad na agter gl2 aweregsgewys, herh van * tot laaste st, r1.
4de ry: met B, aw1, met draad na voor gl2 aweregsgewys, *aw6, met draad na voor gl2 aweregsgewys, herh van * tot laaste st, aw1.
5de tot 8ste ry: herh 3de en 4de ry nog twee keer.
9de ry: met A, r.
10de ry: met A, r.
11de ry: met C, r5, met draad na agter gl2 aweregsgewys, *r6, met draad na agter gl2 aweregsgewys, herh van * tot laaste 5 ste, r5.
12de ry: met C, aw5, met draad na voor gl2 aweregsgewys, *r6, met draad na voor gl2 aweregsgewys, herh van * tot laaste 5 ste, r5.
13de tot 16de ry: herh 11de en 12de ry nog twee keer. Herh rye 1 tot 16 met volgende kleure (D, E en F) en basiskleur A tot verlangde lengte.
Hekel Randjie (opsioneel)
1ste rdte: Met 4,5 mm-hekelnaald heg A enige plek op een sy, 3 ks (tel as lb) en ry langbene eweredig om rand. Dit werk min of meer soos volg uit: 5 lb teenoor kleurgedeelte en 1 lb teenoor basiskleur. Gaan voort tot by hoek, (1 lb, 3 ks, 1 lb) in hoek. Gaan rondom voort soos aangedui en gs in 3de ks aan begin.
2de rdte: 3 ks, 1 lb in elke lb rondom en (2 lb, 2 ks, 2 lb) in hoekspasies. Heg af.
Christa is sedert Oktober 1999 deel van die Vrouekeur-span en geniet steeds elke dag haar werk as taalversorger. Sy is mal oor haar kinders, kleinkinders, brei en lees en sommer die lewe in die algemeen. Sy moet net keer …