Hierdie kabelkombers is maklik en boonop alkant selfkant
Moeilikheidsgraad: **
Deur CHRISTA SWANEPOEL Foto ELMARIE KNAPTON
Wat het jy nodig?
CHARITY CHUNKY 9 balle elk in Red en Cherry Red, 9 balle in Pepper
5,5 mm-naalde
kabelnaald
Afkortings
aw – aweregs K12A – gl vlg 6 st op kn na agter, (r1, aw1) vlg 6 ste van linkerkantste naald, (r1, aw1) 6 ste van kn K12V – gl vlg 6 ste op kn na voor, (r1, aw1) vlg 6 ste van linkerkantste naald, (r1, aw1) 6 ste van kn kn – kabelnaald r – regs rs – reksteek
Aanwysings
ROOI BANE (3 balle per baan) (Maak 3 in Red en 3 in Cherry Red) Stel 40 ste op. 1ste ry: r4, (r1, aw1) 2 keer, r3, (r1, aw1) 9 keer, r3, (r1, aw1) 2 keer, r4. 2de ry: soos 1ste ry. 3de ry: r4, (r1, aw1) 2 keer, r3, (r1, aw1) 3 keer, K12V, r3, (r1, aw1), 2 keer, r4. 4–10e ry: soos 1ste ry. 11de ry: r4, (r1, aw1) 2 keer, r3, K12A, (r1, aw1) 3 keer, r3, (r1, aw1) 2 keer, r4. 12–16e ry: soos 1ste ry. Herh hierdie 16 rye tot baan sowat 2 m lank is, maar eindig laaste herhaling op 13de ry. Heg af.
BRUIN BANE (2 balle per baan) (maak 7) Stel 24 ste op. 1ste ry: r 3, (r1, aw1) 9 keer, r 3. 2de ry: soos 1ste ry. 3de ry: r3, (r1, aw1) 3 keer, K12V, r3. 4–10e ry: soos 1ste ry. 11de ry: r3, K12A, (r1, aw1) 3 keer, r3. 12–16e ry: soos 1ste ry. Herh hierdie 16 rye tot baan sowat 2 m lank is, maar eindig laaste herhaling op 13de ry. Heg af.
Om te voltooi
Werk bane aanmekaar. Wissel twee kleure rooi af en werk bruin baan tussen rooi bane en op kante.
Wenke
- Brei korter bane vir ’n kniekombers
- Gebruik kleure soos verkies
- Gebruik net dik of net dun bane en maak elkeen ’n ander kleur vir ’n vrolike pieniekkombers
- Maak fraiings bo en onder met breidraad wat oor is
Christa is sedert Oktober 1999 deel van die Vrouekeur-span en geniet steeds elke dag haar werk as taalversorger. Sy is mal oor haar kinders, kleinkinders, brei en lees en sommer die lewe in die algemeen. Sy moet net keer …