Hierdie maklike gestreepte kombersie word oor die skuinste gebrei
Deur CHRISTA SWANEPOEL
Wat het jy nodig?
2 balle elk FAMILY KNIT CHUNKY in Sunshine, Royal en School Navy (50 g)
5,5 mm-naald of 5,5 mm-sirkelnaald
Mate
70 cm x 70 cm
Brei-inligting
Wissel kleure elke 8 rye af.
Afkortings
aw – aweregs
don – draad om naald
ks – koussteek
r – regs
r2tes – regs 2 ste tesame
rVa – regs voor en agter in dieselfde st
VK – verkeerde kant
vlg – volgende
Soek jy nog ‘n komberspatroon? Hekel dié baie gewilde chevron-kombers
Aanwysings
Stel 5 ste op.
1ste ry: r3, don, r2. 6 ste
2de ry: r3, don, r3. 7 ste.
3de ry: r3, don, r tot einde. 8 ste. Herh laaste ry vir 136 rye. (17 kleurstrepe of 141 ste) Begin vermindering soos volg:
Vlg ry: r2, r2tes, don, r2tes, r tot einde. Herh laaste ry tot 5 ste. Heg af.
Werk kruisies of strepe met geel tussen twee kleure blou
Wenke
- Brei die kombersie in een kleur of met pastelstrepe.
- Met die sirkelnaald kan die kombersie nog groter gebrei word.
- Brei vier blokke en werk dit agterna aan mekaar vir ’n groot kombers.
Christa is sedert Oktober 1999 deel van die Vrouekeur-span en geniet steeds elke dag haar werk as taalversorger. Sy is mal oor haar kinders, kleinkinders, brei en lees en sommer die lewe in die algemeen. Sy moet net keer …