Brei ’n fyn truitjie vir ’n kleinding vir wanneer dit begin koel word
Deur: Christa Swanepoel
Moeilikheidsgraad *
Wat het jy nodig?
- (1; 2; 2; 2) balle ELLE KIDZ DK (50 g) in Bubblegum
- 1 bal Clover
- 3,25 mm- en 4 mm-naalde
- 5(5;6;6;7) knope
Mate
Pas 0-3(3-6; 6-12 mde; 1-2; 3-4) jaar
LEES OOK: Brei ‘n maklike en gemaklike trui
Spanning
22 ste en 28 rye = 10 cm oor koussteek met 4 mm-naalde
Afkortings
ms – mossteek
r – reksteek
aw – aweregs
vmin – verminder
vmeer – vermeerder
don – draad oor naald
herh – herhaal
pat – patroon
V(R)K – verkeerde (regte) kant
Patroonsteek
Oor veelvoud van 4
1ste ry: *r1, r2tes, don, r1, herh van * tot einde.
2de tot 4de ry: ms.
Herh 1ste tot 4de ry.
LEES OOK: Die gemaskerde breier: Ouderdom
Aanwysings
Agterpant
Met 4 mm-naalde en D stel 49(55; 61; 67; 73) ste op.
Werk in ms vir 8 rye.
Met A r en vmeer 1 st in middel van ry tot 50(56; 62; 68; 74) ste
Vlg ry: aw.
Gaan soos volg voort:
1ste ry: r1(2; 1; 0; 1), 1ste ry van pat, r1(2; 1; 0; 1).
2de ry: r1(2; 1; 0; 1), 2de ry van pat, r1(2; 1; 0; 1).
3de ry: r1(2; 1; 0; 1), 3de ry van pat, r1(2; 1; 0; 1).
4de ry: r1(2; 1; 0; 1), 4 de ry van pat, r1(2; 1; 0; 1).
Gaan so voort tot agterpant sowat 14(20; 25; 28; 33) cm lank is, eindig met VK-ry.
Mousgatvorming
Vlg ry: heg 4 ste af, r tot einde.
Vlg ry: heg 4 ste af, aw tot einde. 42(48; 54; 60; 66) ste.
Gaan voort sonder om te vorm tot mousgat 10(12; 13; 14; 15) cm lank is, eindig met VK-ry.
Skouervorming
Heg 5(7; 8; 9; 10) ste aan begin van vlg 2 rye af. 32(34; 38; 42; 46) ste.
Heg 6(7; 8; 10; 11) ste aan begin van vlg 2 rye af. 20(20; 22; 22; 24). Heg oorbl 20(20; 22; 22; 24) ste af.
Linkervoorpant
Met 4 mm-naalde en A stel 21(25; 29; 31; 35) ste op.
Werk in ms vir 8 rye.
Vlg ry: r en vmeer 1 st in middel van ry tot 22(26; 30; 32; 36) ste.
Vlg ry: aw.
Gaan soos volg voort:
1ste ry: r1(1; 1; 0; 0), 1ste ry van pat, r1(1; 1; 0; 0).
2de ry: r1(1; 1; 0; 0), 2de ry van pat, r1(1; 1; 0; 0).
3de ry: r1(1; 1; 0; 0), 3de ry van pat, r1(1; 1; 0; 0).
4de ry: r1(1; 1; 0; 0), 4 de ry van pat, r1(1; 1; 0; 0).
Gaan so voort tot linkervoorpant sowat 14(20; 25; 28; 33) cm lank is, eindig met VK-ry.
Mousgatvorming
Vlg ry: heg 4 ste af, r tot einde. 18(22; 26; 28; 32) ste.
Gaan voort in pat tot mousgat 6(8; 9; 8; 9) cm lank is, eindig met RK-ry.
Halsvorming
Vlg ry: heg 3(3; 4; 4; 5)ste af, pat tot einde. 15(19; 22; 24; 27) ste.
Gaan voort in pat en vmin 1 st aan nekrand in vlg en vlg alt ry tot 11(14; 16; 19; 21) ste.
Gaan voort sonder om te vorm tot mousgat 10(12; 13; 14; 15) cm lank is, eindig met VK-ry.
Skouervorming
Vlg ry: heg 5(7; 8; 9; 10) ste af, r tot einde. 6(7; 8; 10; 11) ste.
Vlg ry: aw.
Vlg ry: heg oorbl 6(7; 8; 10; 11) ste af.
Regtervoorpant
Werk soos linkervoorpant tot mousgatvorming, eindig met RK-ry.
Mousgatvorming
1ste ry: heg 4 ste af, pat tot einde.
Gaan voort in pat sonder om te vorm tot mousgat 6(8; 9; 8; 9) cm lank is, eindig met VK-ry.
Halsvorming
Vlg ry: heg 3(3; 4; 4; 5)ste af, pat tot einde. 15(19; 22; 24; 27) ste.
Gaan voort in pat en vmin 1 st aan nekrand in vlg en vlg alt ry tot 11(14; 16; 19; 21) ste.
Gaan voort sonder om te vorm tot mousgat 10(12; 13; 14; 15) cm lank is, eindig met RK-ry.
Skouervorming
Vlg ry: heg 5(7; 8; 9; 10) ste af, aw tot einde. 6(7; 8; 10; 11) ste.
Vlg ry: r.
Vlg ry: heg oorbl 6(7; 8; 10; 11) ste af.
Moue
Met 4 mm-naalde en B stel 31(31; 33; 37; 39) ste op.
Werk 8 rye in ms.
Vlg ry: r en vmeer of vmin 1 st in middel van ry tot 32(32; 34; 38; 40) ste.
Vlg ry: aw.
Begin met pat en vmeer 1 st aan weersk van 3(1; 1; 3; 3)e en elke vlg 4(3; 3; 4; 4)e ry tot 54(62; 66; 72; 76) ste. Pas patroon by vmeerste aan.
Gaan voort sonder om te vorm tot mou 17(19; 22; 26; 31) cm lank is, eindig met RK-ry.
Vlg ry: pat 12(15; 16; 18; 19), (aw2tes) 4 keer, pat 14(16; 18; 20; 22), (aw2tes) 4 keer, aw tot einde.
Heg af.
Linkervoorrand
Met RKV en B tel op en r 1 st in elke ry oor linkervoorkant.
Werk 8 rye in rs. Heg af.
Merk knope sowat 2 cm van onder en 2 cm van bo en spasieer 3(3; 4; 4; 5) knope tussenin.
Regtervoorrand
Met RKV en B tel op en r1 st in elke ry oor regtervoorkant.
Werk 3 rye rs.
Vlg ry: r 2 cm, heg 2 ste af, r tot vlg merker vir knoop, heg 2 ste af, herh tot laaste knoopsgat, r tot einde.
Vlg ry: r en tel 2 ste op oor afhegste, r tot einde.
R nog 3 rye.
Heg af.
Kraag
Werk skouernate toe. Met RKV en B begin in middel van linkervoorrand tel op en r 2 st oor rand, 19(19; 20; 22; 23) ste eweredig langs linkerkant van nek, 19(19; 21; 21; 23) ste oor agterkant van nek, 19(19; 20; 22; 23) ste eweredig oor regterkant van nek en 2 ste tot in middel van regtervoorrand. 61(62; 65; 69; 73) ste.
1ste ry: r21(21; 23; 25; 21), vmeer in vlg st, (r5, vmeer in vlg st) 3(3; 3; 3; 5) keer, r tot einde. 65(65; 69; 73; 79) ste.
Gaan voort in ks tot kraag 4(4; 5; 5; 6) cm lank is, eindig met RK-ry.
Vlg ry: aw 22(22; 24; 26; 29) m1, (aw4, m1) 5 keer, aw tot einde. 71(71; 75; 79; 85).
Werk 3 rye in ms. Heg af.
Om te voltooi
Vou moue in helfte, plaas vou op skouernaat en werk in posisie en pas in afhegste in. Werk sy- en mounate toe. Werk knope aan. Lê plat neer, bedek met klam lap en laat om droog te word. Sien verpakkingsmateriaal vir versorgingsinstruksies.
Christa is sedert Oktober 1999 deel van die Vrouekeur-span en geniet steeds elke dag haar werk as taalversorger. Sy is mal oor haar kinders, kleinkinders, brei en lees en sommer die lewe in die algemeen. Sy moet net keer …