’n Eenvoudige patroon, maar ’n trui wat jy vir ’n seun van geboorte tot sewe jaar kan brei
Wat het jy nodig?
2 (2; 3; 4; 4; 5) balle ELLE RUSTICA DK (50 g) in Jeans 3,25 mm- en 4 mm-naalde 2 knope
Mate
Pas 0–6(6–12 mde; 1–2; 2–3; 4–5; 6–7 j)
Afkortings
alt – alternatiewe; aw – aweregs; herh – herhaal; oorbl – oorblywende; pat – patroon; r – regs; RK – regte kant; tes – tesame; VK – verkeerde kant; vmin – verminder
Patroonsteek
Oor veelvoud van 4 plus 1 1ste ry: *r1, aw3, herh van * tot laaste st, r1. 2de ry: *aw1, r3, herh van * tot laaste st, aw1. Herh 1ste en 2de ry nog 1 keer. 5de ry: aw2, r1, *aw3, r1, herh van * tot laaste 2 ste, aw2. 6de: r2, aw1, *r3, aw1, herh van * tot laaste 2 ste, r2. Herh 5de en 6de ry nog 1 keer. Herh 1ste tot 8ste ry.
Aanwysings
Agterpant
Met 3,25 mm-naalde stel 51(57; 63; 69; 73; 79) ste op en werk in 1×1 rif vir 10 rye. Gaan voort met 4 mm-naalde soos volg: 11de ry: r1(0; 1; 0; 0; 1), 1ste ry van patst, r1(0; 1; 0; 0; 1). 12de ry: aw1(0; 1; 0; 0; 1), 2de ry van patst, aw1(0; 1; 0; 0; 1). Gaan só voort in pat tot agterpant 24(28; 32; 38; 42; 48) cm lank is, eindig met VK-ry. Skouervorming Heg 8(9; 10; 11; 11; 13) ste aan beg van vlg 2 rye af. Heg 8(9; 10; 12; 12; 13) ste aan beg van vlg 2 rye af. Heg oorbl 19(21; 23; 23; 27; 27) ste af.
Voorpant
Werk soos gegee vir agterpant tot voorpant 15(18; 21; 27; 30; 35) cm lank is, eindig met VK-ry. Verdeel vir nek Vlg ry: pat 23(26; 29; 32; 34; 37) ste, draai, laat oorbl 28(31; 34; 37; 39; 42) ste op steekhouer. Gaan voort oor hierdie 23(26; 29; 32; 34; 37) ste sonder om te vorm tot voorste opening 5(6; 6; 6; 7; 8) cm lank is, eindig met RK-ry. Heg 4(4; 5; 5; 6; 6) ste aan halsrand af, pat tot einde. 19(22; 24; 27; 28; 31) ste. Gaan voort in pat, vmin 1 st aan nekrand in elke ry tot 16(18; 20; 23; 23; 26) ste. Gaan voort sonder om te vorm tot voorpant 24(28; 32; 38; 42; 48) cm lank is, eindig met VK-ry. Skouervorming Heg 8(9; 10; 11; 11; 13) ste af, pat tot einde. Vlg ry: pat. Heg oorbl 8(9; 10; 12; 12; 13) ste af. Heg draad aan oorbl ste, heg 5 ste af en voltooi soos eerste helfte, maar spieëlbeeld daarvan.
Moue
Moue word in ks gebrei. Met 3,25 mm-naalde stel 35(35; 37; 39; 43; 47) ste op en werk in 1×1-rif vir 10 rye. Met 4 mm-naalde gaan soos volg voort: Werk in ks, vmeer 1 st aan weersk van 5de en elke 16(6; 6; 6; 8; 10)e ry tot 39(45; 47; 45; 49; 53) ste. Vir slegs 3de, 4de, 5de en 6de grootte Vmeer 1 st aan weersk van vlg (8; 8; 10; 12)e ry tot (49; 53; 57; 61) ste. Vir al 6 groottes Gaan voort sonder om te vorm tot mou 15(17; 20; 24; 29; 33) cm lank is, of lengte verlang, eindig met VK-ry. Moutopvorming Heg 5(6; 7; 7; 8; 9) ste aan beg van vlg 4(6; 6; 4; 6; 6) rye af. 19(9; 7; 25; 9; 7) ste. Vir slegs 1ste en 4de groottes Heg 6(8) ste aan beg van vlg 2 rye af. 7(9) ste. Vir al 6 groottes Heg oorbl ste af.
Rande vir voorste opening
Linkerkant Met RKV en 3,25 mm-naalde tel op en r 15(19; 19; 19; 19; 23) ste eweredig oor opening. 1ste ry: r1, aw2, *r2, aw2, herh van * tot einde. 2de ry: rif 3, heg 1 st af, rif 5(9; 9; 9; 9; 13), heg 1 st af, rif tot einde. 3de ry: rif 4, stel 1 st op, rif 6(10; 10; 10; 10; 14), stel 1 st op, rif tot einde. Werk nog 4 rye in rif. Heg in rif af. Regterkant Met RKV en 3,25 mm-naalde tel op en r 15(19; 19; 19; 19; 23) ste eweredig oor opening. 1ste ry: aw2, *r2, aw2, herh van * tot laaste st, r1. 2de ry: aw1, *r2, aw2, herh van * tot laaste 2 ste, r2. Werk nog 5 rye in rif. Heg in rif af.
Kraag
Werk skouernate toe. Met 3,25 mm-naalde, begin halfpad oor voorste rand, tel op en r 19(19; 21; 23; 24; 24) ste eweredig oor regterkant van nek, 21(21; 27; 23; 27; 27) ste oor hals agter en 19(19; 21; 23; 24; 24) ste eweredig oor linkerkant van nek tot in helfte van voorste rand. 59(59; 69; 69; 75; 75) ste. 1ste ry: (r2, aw2) 3( 3; 4; 4; 4; 4) keer, r2, (aw1, r1) 15(15; 16; 16; 19; 19) keer, aw1, (r2, aw2) 3(3; 4; 4; 4; 4) keer, r2. 2de ry: aw2, (r2, aw2)3(3; 4; 4; 4; 4) keer, (r1) 1(1; 0; 0; 1 1) keer, (vmeer in vlg st) 0(0; 1; 1; 0; 0) keer, (aw1, vmeer in vlg st) 15(15; 16; 16; 19;19) keer, aw2, (r2, aw2) 3(3; 4; 4; 4; 4) keer. 74(74: 86; 86; 94; 94) ste. 3de ry: (r2, aw2, 4(4; 4; 4; 5; 5) keer, vmeer in vlg st, (aw2, vmeer in vlg st) 14(14; 15; 15; 18; 18) keer, (vmeer in vlg st aweregsgewys) 1(1; 0; 0; 1; 1) keer, (aw2) 0(0; 1; 1; 0; 0) keer, (r2, aw2) 3(3; 4; 4; 4; 4) keer, r2. 90(90; 102; 102; 114; 114) ste. 4de ry: aw2, *r2, aw2, herh van * tot einde. 5de ry: *r2, aw2, herh van van * tot laaste 2 ste, r2. Herh laaste 2 rye tot vir 5(6; 6; 7; 8; 8) cm, eindig met RK-ry. Vlg ry: rif 26(26; 30; 30; 36; 36), vmeer in vlg st aweregsgewys, aw1, (r2, vmeer in vlg st aweregsgewys, aw1) 9(9; 9; 9; 10; 10) keer, rif tot einde. 100(100, 112, 112, 125, 125) ste. Heg in rif af.
Om te voltooi
Vou moue lengtegewys in die helfte, plaas vou op skouernaat en werk in posisie vir ongeveer 10(12; 13; 14; 15; 16) cm van bo af. Werk sy- en mounate toe. Werk onderkant van voorste rande aan truiopening vas met knoopsgatrand bo. Sien verpakkingsmateriaal vir versorgingsinstruksies.
Christa is sedert Oktober 1999 deel van die Vrouekeur-span en geniet steeds elke dag haar werk as taalversorger. Sy is mal oor haar kinders, kleinkinders, brei en lees en sommer die lewe in die algemeen. Sy moet net keer …