’n Eenvoudige truipatroon word danksy die mooi breidraad en patroonsteek ’n wenner
Christa Swanepoel
Moeilikheidsgraad: *
BENODIGDHEDE
• 12 balle ELLE TIMBER DK (50 g-balle) in Palm of kleur van jou keuse
• 3,25 mm- en 4 mm-naalde
• Haakspeld
GROOTTE
Om borsmaat te pas van: 112-117 cm
LW Die trui sit los
SPANNING
22 ste en 28 rye = 10 cm oor koussteek met 4 mm-naalde
Vir die beste resultate is dit belangrik om die regte spanning te hê. As daar te min steke oor 10 cm op die toetslappie is, gebruik dunner naalde; as daar te veel steke op is, gebruik dikker naalde.
AFKORTINGS
alt – alternatiewe
aw – aweregs
beg – begin
herh – herhaal
ks – koussteek
oorbl – oorblywende
pat – patroon
r – regs
R(V)K – regte(verkeerde) kant
R(V)KV – regte(verkeerde) kant voor
st(e) – steek(steke)
tes – tesame
vermin – verminder
vermeer – vermeerder
vlg – volgende
PATROONSTEEK
1ste ry: *aw1, r1, herh van * tot laaste st, aw1.
2de ry: *r1, aw1, herh van * tot laaste st, r1.
3de ry: r.
4de ry: *aw1, r3, herh van * tot laaste st, aw1.
5de ry: *r1, aw3, herh van * tot laaste st, r1.
6de en 7de ry: soos 4de en 5de ry.
8ste ry: aw.
Herh 1ste tot 8ste ry.
AGTERPANT
Met 3,25 mm-naalde en duimmetode stel 123 ste op.
1ste ry: *r1, aw1, herh van * tot laaste st, r1.
2de ry: aw, *r1, aw1, herh van * tot einde.
Hierdie 2 rye sal nou na verwys word as 1×1-rif. Gaan voort in 1×1-rif tot werk 8 cm lank is, eindig met aw-ry en vermeer 10 ste in laaste ry. 133 ste.
Met 4 mm-naalde begin met pat en gaan voort tot agterpant 45 cm lank is, eindig met VK-ry.
Vorm mousgate
Werk 7 rye, vermin 1 st aan weersk van elke ry **. 119 ste.
Gaan voort sonder om te vorm tot mousgate 26 cm lank is, eindig met VK-ry.
Heg 39 ste aan begin van vlg 2 rye af.
Laat oorbl 41 st op steekhouer.
VOORPANT
Werk soos vir agterpant tot **.
Werk nog 11 rye sonder om te vorm.
Halsvorming
Vlg ry: pat59, draai en laat oorbl 60 ste op steekhouer.
Vlg ry: pat.
Werk 34 rye, vermin 1 st aan nekrand in vlg en elke vlg alt ry. 42 ste.
Werk 9 rye, vermin 1 st aan nekrand in vlg en elke vlg 4de ry. 39 ste.
Gaan voort sonder om te vorm tot mousgat 26 cm lank is. Heg in pat af.
Met RKV gl 1 st op haakspeld, heg draad aan oorbl 59 ste en pat tot einde.
Werk 34 rye, vermin 1 st aan nekrand in vlg en elke alt ry. 42 ste.
Werk 9 rye vermin 1 st aan nekrand in vlg en elke vlg 4de ry tot 39 ste.
Gaan voort sonder om te vorm tot mousgat 26 cm lank is. Heg in pat af.
Moue
Met 3,25 mm-naalde en duimmetode stel 53 ste op en werk in 1×1-rif soos vir agterpant vir 8 cm, eindig met VK-ry en vermeer 10 ste in laaste ry. 63 ste.
Met 4 mm-naalde gaan voort in pat en vermeer 1st aan weersk van 5de en elke vlg 6de ry tot 81 ste, daarna in elke vlg 8ste ry tot 97 ste.
Moutopvorming
Werk 7 rye, vermin 1 st aan weersk van elke ry. 83 ste.
Werk 8 rye, heg 2 ste aan beg van elke ry af. 67 ste.
Werk 20 rye, heg 3 ste aan beg van elke ry af. 7 ste.
Nekband
Werk regterskouernaat toe. Met RKV en 3,25 mm-naalde tel op en r 69 ste aan linkerkant van hals op, r 1 st van haakspeld, tel op en r 69 ste van regterkant van hals en r 41 ste op steekhouer aan agterkant van nek. Werk in 1×1-rif vir 4 cm, heg in rif af.
OM TE VOLTOOI
Werk linkerskouer- en nekbandnaat toe. Vou moue lengtegewys in die helfte, plaas vou op skouernaat en werk in posisie. Werk sy- en mounate toe. Lê plat neer, bedek met klam lap en laat om droog te word. Sien verpakkingsmateriaal vir versorgingsinstruksies.
SOURCES
Peter Whitfield
Christa is sedert Oktober 1999 deel van die Vrouekeur-span en geniet steeds elke dag haar werk as taalversorger. Sy is mal oor haar kinders, kleinkinders, brei en lees en sommer die lewe in die algemeen. Sy moet net keer …