Die truitjie lyk ingewikkeld, maar dis die bietjie ekstra kophou werd
Patroon en foto SIRDAR (9272)
Benodigdhede
SIRDAR FLIRT DK of enige ander breidraad waarmee jy dieselfde spanning kan kry (50 g-balle)
LANGMOUTRUI 5(6;8;9;10;11)balle
DRIEKWARTMOUTRUI 4(6;7;8;9;10)balle E en paar elk 3,25 mm- en 4 mmbreinaalde
Mate
Om borsmaat te pas van: 61-66(71-76;81-86;91-97;102-107;112-117) cm
Ware grootte:
Bors: 70(80;90;101;111;121)cm
Volle lengte: 28(33;38;40;42;44)cm
Moulengte: Lank: 33(41;48;48;49;50)cm; Driekwart: 20(25;30;30;31;31)cm
Aanwysings word vir die kleinste grootte gegee, met die groter groottes tussen hakies. Waar net een syfer gegee word, geld dit vir al die groottes.
Spanning
Spaar tyd, doen ’n spanningstoets. 22 ste en 28 rye = 10 cm oor koussteek met 4 mm-naalde
Vir die beste resultate is dit belangrik om die regte spanning te hê. As daar te min steke op die toetslappie is, gebruik dunner naalde; as daar te veel steke op is, gebruik dikker naalde.
Afkortings
alt – alternatiewe aw – aweregs beg – begin herh – herhaal ks – koussteek omslag1 – glip vlg st op regterkantste naald en vat draad na teenoorgestelde kant tussen naalde deur, glip dieselfde st terug op linkerkantste naald oorbl – oorblywende pat – patroon r – regs R(V)K – regte(verkeerde) kant R(V)KV – regte(verkeerde) kant voor st(e) – steek(steke) tes – tesame vermin – verminder vermeer – vermeerder vlg – volgende
Rug, linker- en regtervoorpante
(sywaarts gewerk van links tot regs voor )
Met 4 mm-naalde en duimmetode stel 54(62;70;74;76;78)ste op.
1ste ry: r (plaas merker C aan einde van ry.
2de ry: aw. Hierdie 2 rye sal nou na verwys word as ks (koussteek). Werk in ks (deurgaans) gaan soos volg voort: Werk 13(13;19;19;19;21)rye. (Plaas merker C vir nekrand agter aan einde van laaste ry)
Vlg ry: heg 20(22;24;28;28;30)ste af, aw tot einde. 34(40;46;46;48;48)ste. Werk 48(56;62;70;76;84)rye. (Plaas merker A aan begin van laaste ry.)
Vorm sy *Vlg ry: r2, omslag1, draai.
Vlg ry: aw.
Vlg ry: r7(8;9;9;9;9), omslag1, draai.
Vlg ry: aw.
Vlg ry: r12(14;16;16;16;16), omslag1, draai.
Vlg ry: aw. Werk 8 rye, werk 5(6;7;7;7;7)ste meer in elke omslag1, draai.
Vlg ry: r27(32;37;37;37;37), omslag1, draai.
Vlg ry: aw.
Vlg ry: r22(26;30;30;30;30), omslag1, draai.
lg ry: aw. Werk 8 rye, werk 5(6;7;7;7;7)ste minder in elke omslag1, draai.
* Vlg ry: werk oor al die rye.
Agterpant Werk 98(112;126;140;154;168)rye in ks. (Plaas merker B aan begin van laaste ry:
Vorm sy Werk soos gegee vir ander sy van * tot *.
Regtervoorkant Vlg ry: werk oor al die ste. Werk 48(56;62;70;76;84)rye.
Vlg ry: r tot einde, stel 20(22;24;28;28;30)ste op. (Plaas merker C vir nekrand agter aan einde van aanhegste) 54(62;70;74;76;78)ste.
Vlg ry: aw tot einde. Werk 14(14;20;20;20;22)rye. (Plaas merker C aan begin van laaste ry.) Heg af.
Boonste ruggedeelte en moue
(Sywaar ts gewerk va n linkermou tot regtermou)
Linkermou Met 3,25 mm-naalde en duimmetode stel 46(50;52;56;60;62)ste op.
Vlg ry: r. Hierdie ry sal nou na verwys word as rs (reksteek). Werk nog 3 rye in rs. Met 4 mm-naalde en ks (deurgaans) gaan soos volg voort: Vermeer 1st aan weersk van 27(37;41;41;41;41)e en elke vlg 10(8;6;6;6;4)e ry tot 58(62;58;70;86;78)ste.
Vir slegs 2de, 3de, 4de, 5de en 6de groottes Vermeer 1 st aan weersk van elke vlg (10;8;8;8;6)e ry tot (66;74;80;88;96)ste.
Vir al 6 groottes Werk 10(14;14;14;14;14)rye sonder om te vorm. (Plaas merker A aan weersk van laaste ry vir mounaat.)
Halsvorming **Vlg ry: heg 4(4;4;4;6;6)ste af (nekrand), aw tot einde. 54(62;70;76;82;90)ste.
Vir slegs 2de, 3de, 5de en 6de groottes Werk (4;2;2;2)rye sonder om te vorm.
Vir slegs 4de grootte Werk 6 rye, vermin 1 st aan nekrand in 3de ry. (75)ste.
Vir al 6 groottes Werk 33(35;43;43;51;59)rye, vermin 1 st aan nekrand in vlg en elke vlg alt ry. 37(44;48;53;56;60)ste. Vorm nek agter Vlg ry: heg 8(11;11;12;12;12)ste af (nekrand), aw tot einde. 29(33;37;41;44;48)ste. Werk 28(30;36;36;36;42)rye sonder om te vorm. (Plaas merker C in middel van hierdie rye vir middel van nek agter. Vlg ry: r tot einde (nekrand), stel 8(11;11;12;12;12)ste op. 37(44;48;53;56;60) ste.
Halsvorming Vlg ry: aw. Werk 34(36;44;44;52;60)rye, vermeer 1 st aan nekrand in vlg en elke vlg alt ry. 54(62;70;75;82;90)ste.
Vir slegs 2de, 3de, 5de en 6de groottes Werk (4;2;2;2)rye sonder om te vorm. Vir slegs 4de grootte Werk 6 rye, vermeer 1 st aan nekrand in 3de ry. (76)ste.
Vir al 6 groottes Vlg ry: r tot einde, stel 4(4;4;4;6;6)ste op. 58(66;74;80;88;96)ste. (Plaas merker B aan weersk van laaste ry vir mounaat)
.** Regtermou Werk 9(13;13;13;13;13)rye sonder om te vorm. Vermin 1 st aan weersk van vlg en elke vlg 10(10;8;8;8;6)e rye tot 46(60;56;68;84;76) ste.
Vir slegs 2de, 3de, 4de, 5de en 6de groottes Vemin 1 st aan weersk van elke vlg (8;6;6;6;4)e ry tot (50;52;56;60;62)ste.
Vir al 6 groottes Werk 26(36;40;40;40;40)rye sonder om te vorm. Met 3,25 mm-naalde werk 4 rye in rs. Heg regsgewys af.
Driekwartmoutrui
Werk laerrug, linker- en regtervoorpante dieselfde as langmoutrui.
Bokant van rug en moue (sywaar ts gewer k va n linker – tot regtermou)
Linkermou Met 3,25 mm-naalde en duimmetode stel 50(56;58;62;64;66)ste op en werk 4 rye in rs. Met 4 mm-naalde en ks (deurgaans) gaan soos volg voort: Vermeer 1 st aan weersk van 11(13;7;11;7;7)e en elke vlg 10(10;8;6;4;4)e ry tot 58(66;70;72;70;90)ste.
Vir slegs 3de, 4de, 5de en 6de groottes Vermeer 1 st aan weersk van elke vlg (10;8;6;6)e ry tot (74;80;88;96)ste. Vir al 6 groottes Werk 10(14;14;14;14;14)rye sonder om te vorm. (Plaas merker A aan weersk van laaste ry.) Werk soos gegee van ** tot ** soos gegee vir langmoutrui.
Regtermou Werk 9(13;13;13;13;13)rye sonder om te vorm. Vermin 1 st aan weersk van vlg en elke vlg 10(10;10;8;6;6)e ry tot 50(56;68;70;68;88) ste.
Vir slegs 3de, 4de, 5de en 6de groottes Vermin 1 st aan weersk van elke vlg (8;6;4;4)e ry tot (58;62;64;66)ste.
Vir al 6 groottes Werk 10(12;6;10;6;6)rye sonder om te vorm. Met 3,25 mm-naalde werk 4 rye in rs. Heg regsgewys af.
Om te voltooi
Werk mounate tot by merkers A en B toe. Werk onderste ruggedeelte aan boonste ruggedeelte van merkers A tot B. Werk nek agter se rand van merkers C tot C toe. Plaas nek agter se soom op merker C in middel van nek en werk neknate toe. Bedek met klam lap en laat om droog te word. Sien verpakkingsmateriaal vir versorgingsinstruksies.
Christa is sedert Oktober 1999 deel van die Vrouekeur-span en geniet steeds elke dag haar werk as taalversorger. Sy is mal oor haar kinders, kleinkinders, brei en lees en sommer die lewe in die algemeen. Sy moet net keer …