Brei ’n yslike driehoek en dra dit op verskillende maniere
Deur CHRISTA SWANEPOEL
Wat het jy nodig?
6 balle ELLE KALEIDO Aran (100 g) in Firecracker
4 mm-naalde
4 mm-sirkelnaald
4 mm-hekelnaald
Afkortings
don – draad om naald r – regs r2tes – regs 2 ste tesame rVa – regs voor en agter in dieselfde steek
Aanwysings
Met 4 mm-naalde stel 1 st op.
1ste ry: regs voor en agter en weer voor in st. 3 ste.
Vlg ry (VK): r.
Vlg ry (RK): rVa, r tot einde.
Vlg ry: r. Herh laaste 2 rye tot werk ongeveer 10 cm lank is, eindig met VK-ry. Gaan soos volg voort:
1ste ry: rVa, r tot laaste 4 ste, don, r2tes, r2.
2de ry: r.
3de ry: rVa, r tot einde.
4de ry: r. Herh laaste 4 rye tot werk sowat 1 m lank is, eindig met VK-ry. Gaan soos volg voort:
1ste ry: r2tes, r tot laaste 4 ste, don, r2tes, r2.
2de ry: r. 3de ry: r2tes, r tot einde.
4de ry: r. Herh laaste 4 rye tot sowat 10 cm van einde, dan 3de en 4de ry tot 3 ste oor is.
Vlg ry: r3tes.
Koord
Hekel ’n lang koord om deur gaatjies te ryg as jy dit soos op foto’s wil dra.
Christa is sedert Oktober 1999 deel van die Vrouekeur-span en geniet steeds elke dag haar werk as taalversorger. Sy is mal oor haar kinders, kleinkinders, brei en lees en sommer die lewe in die algemeen. Sy moet net keer …