Brei in ’n kits so ’n mooi mus en serp in een vir jou kleinding
CHRISTA SWANEPOEL
Brei-inligting
Twee drade Chunky word deurgaans saam gebruik. Die mus is groot en sal daarom lank pas.
Afkortings
herh – herhaal; r – regs; rs – reksteek (1ste ry: r. 2de ry: r. Herh 1ste en 2de ry.); ks – kettingsteek; kb – kortbeen; RKV – regte kant voor; vmeer – vermeerder
Mate
Pas ongeveer 12-18 mde(2-4) jaar
Benodigdhede
ELLE FAMILY KNIT CHUNKY (50) 2 balle Coral 1 bal Just pink 10 mm-breinaalde 10 mm-hekelnaald 2 knope
WENKE
Brei die mus in effekleur of gebruik enige twee kleure saam soos verkies. Hekel die rand met fluffy-breidraad om.
Aanwysings
Mus Met 10 mm-breinaalde stel 15(17) ste op. Werk in rs vir 43(50) cm. Heg af. Vou werk in helfte en werk naat agter toe.
Halsgedeelte
Met 10 mm-breinaalde, stel 5 ste op en met regte kant van mus voor, tel op en r 1 st in elke steek rondom onderkant van mus tot einde, stel 5 ste op. Werk 1 ry.
Vlg ry: r tot by 6de laaste st, heg 1 st af, r2, heg 1 st af, r2.
Vlg ry: r2, stel 1 st op, r2, stel 1 st op, r tot einde.
Vlg ry: r.
Vlg ry: r ry en vmeer in sowat elke 3de st rondom (dis net om dit wyer te maak om oor die skouertjies te pas). Werk 3 rye in rs. Heg af.
Rande Onderom
Met Coral, 10 mm-hekelnaald en RKV heg draad in 1ste st van onderkant en 1 kb in elke st tot op ander punt. Vlg ry: 1 kb in elke kb.
Vlg ry: 1 kb in 1ste kb, 3 ks, 1 kb in dies kb, *1 kb in vlg kb, (1 kb, 3 ks, 1 kb) in vlg kb, herh van * tot einde en 1 kb in elke ry teen kort kant op. Heg af.
Om kappie se rand
Met RKV en 10 mm-hekelnaald, heg draad in 1ste st van rand voor, 1 kb in elke st oor nekgedeelte, 1 kb in elke 2de ry rondom kopgedeelte en 1 kb in elke st om ander kant se nekgedeelte. Voltooi rand soos onderkant.
Om te voltooi
Werk knope teenoor knoopsgate aan.
Christa is sedert Oktober 1999 deel van die Vrouekeur-span en geniet steeds elke dag haar werk as taalversorger. Sy is mal oor haar kinders, kleinkinders, brei en lees en sommer die lewe in die algemeen. Sy moet net keer …