Die nuwe neiging vir die winter is bonkige serpe. Brei hierdie twee wat jy op verskillende maniere kan dra
Deur CHRISTA SWANEPOEL
Wat het jy nodig?
1. Pienk-en-swart serp
3 balle ELLE BIGGY MEGA CHUNK Y (250 g) in Gothic
12 mm-naalde
2. Blou serp
1 bal CHARIT Y MEGA CHUNK Y PRINT (300 g) in Frostee
12 mm-naalde
Lengte
Pienk-en-swart serp: sowat 250 cm
Blou: sowat 160 cm
Afkortings en Steekverduideliking
r – regs rs – reksteek Reksteek Brei elke ry regs. Dubbele mossteek 1ste ry: (r2, aw2) tot einde. 2de ry: (r2, aw2) tot einde. 3de ry: (aw2, r2) tot einde. 4de ry: (aw2, r2) tot einde. Herh 1ste tot 4de ry.
Aanwysings
Pienk -en-swart serp
Stel 21 ste op en gaan voort in rs tot werk 250 cm lank is, of lengte verlang. Heg af.
Om te voltooi
Vou werk in die breedte in die helfte en werk sowat 30 cm van die gevoude kant af toe. Keer om na regte kant. Knip stringe van 50 cm, vou dubbel, bind drade saam, hou bymekaar en bind weer 5 cm van bo af styf vas. Werk tossel op toegewerkte punt vas. Knip stringe van 40 cm en bind fraiings oor die kort rande onder.
Blou serp
Stel 16 ste op en werk in dubbele mossteek tot breidraad op is (hou net genoeg oor vir afeindig). Heg af.
Om te voltooi
Werk kort kante aan mekaar.
Christa is sedert Oktober 1999 deel van die Vrouekeur-span en geniet steeds elke dag haar werk as taalversorger. Sy is mal oor haar kinders, kleinkinders, brei en lees en sommer die lewe in die algemeen. Sy moet net keer …