Brei hierdie oulike jakkie met ‘n swaai
Benodigdhede
ELLE MARCO (50 g-balle) – 4 balle in kleur van jou keuse. Vir projek is Willow gebruik
Mate
- Om borsmaat van ongeveer 76-91 cm te pas
- Lengte tot by skouer is 42 cm
Vermeerder bloot hoeveelheid steke as jy vir ’n groter maat wil brei
Spanning
Spaar tyd, doen ’n spanningstoets. 14 ste en 14 rye = 10 cm oor pat met 5 mm-naalde Vir die beste resultate is dit belangrik om die regte spanning te hê. As daar te min steke op die toetslappie is, gebruik dunner naalde; as daar te veel steke op is, gebruik dikker naalde.
Voor- en agterpant (dieselfde)
Met 5 mm-naalde, stel 80 ste op. 1ste ry: r. 2de ry: r. Hierdie 2 rye vorm reksteek (rs). Gaan voort in rs (deurgaans) tot werk ongeveer 42 cm lank is (2 balle per pant). Heg af.
Om te voltooi
Werk ongeveer 5 cm op regterskouer toe. Swaai voorpant om sodat punt wat links onder was links bo is. Werk linkerskouernaat ongeveer 5 cm toe. Werk twee synate van onder af tot in helfte toe. Keer na regte kant om. Bedek met klam lap en laat om droog te word. Sien verpakkingsmateriaal vir versorgingsinstruksies.
WENK Jy kan dié basiese patroon vir enige grootte aanpas. Gebruik jou toetslappie as riglyn vir die hoeveelheid steke wat jy vir ’n sekere borsgrootte sal nodig hê.
Hier is ‘n video wat jou kan help om die jakkie vas te werk
Christa is sedert Oktober 1999 deel van die Vrouekeur-span en geniet steeds elke dag haar werk as taalversorger. Sy is mal oor haar kinders, kleinkinders, brei en lees en sommer die lewe in die algemeen. Sy moet net keer …