Met net 20–30 g breidraad kan jy vir jou sulke handskoene brei. Hier is drie patroonopsies: sonder fieterjasies, met eenvoudige kabels en lang rif
Moeilikheidsgraad: *
BENODIGDHEDE
Enige DK-breidraad van jou keuse 3.25 mm- en 4 mm-breinaalde steekhouers en kabelnaald
AFKORTINGS
aw = aweregs gl = glip H/af = heg af kn = kabelnaald k2a = gl st op kn en hou agter, r vlg st en r st van kn k2v = gl st op kn en hou voor, r vlg st en r st van kn r = regs rVa = regs voor en agter in dieselfde steek vmeer = vermeerder
PATRONE A Handskoene sonder fieterjasies
Met 3.25 mm-naalde stel 34 ste op en werk in 2×2-rif vir 18 rye.
Ry 19: met 4 mm-naalde regs 1 ry en vmeer 6 ste eweredig oor ry (= 40 ste).
Ry 20: aw.
Ry 21: r18, rVa, r2, rVa, r18.
Vlg en elke alt ry: aw.
Ry 23: r18, rVa, r4, rVa, r18.
Ry 25: r18, rVa, r6, rVa, r18.
Ry 27: r18, rVa, r8, rVa, r18.
Ry 29: r18, rVa, r10, rVa, r18.
Ry 30: aw.
Ry 31: r18 (gl hierdie steke op steekhouer), r14, gl oorbl 18 ste op steekhouer.
Gaan voort oor 14 ste vir duim, brei 4 rye in ks. Met 3.25-breinaalde werk 4 rye in 2×2-rif. H/af.
Met RKV gl laaste 18 ste terug op naald, heg breidraad en r tot einde.
Vlg ry: aw oor 18 ste, gl eerste 18 ste terug op breidraad en aw tot einde. (Trek die breidraad effens stywer tussen die laaste steek van een deel en eerste steek van volgende deel om gaatjie te voorkom.)
Werk nog 4 rye in ks. Met 3.25 mm-breinaalde werk 4 rye in 2×2-rif. H/af.
VOLTOOI
Met regte kante opmekaar, werk duim- en synaat toe.
B Handskoen met kabelpatroon
Voltooi soos vir eerste handskoen maar brei kabelpatroon onderskeidelik oor eerste en tweede helfte van handskoen soos volg van derde ry af:
Ry 1: r3, (k2a, k2v) 3 keer, r3.
Ry 2: aw. Herh ry 1 en 2 tot by rif.
C Handskoen met lang rif
Brei soos eerste handskoen of een met kabelpatroon, maar brei 32 rye, of so lank soos verkies, in 2×2-rif aan begin.
Christa is sedert Oktober 1999 deel van die Vrouekeur-span en geniet steeds elke dag haar werk as taalversorger. Sy is mal oor haar kinders, kleinkinders, brei en lees en sommer die lewe in die algemeen. Sy moet net keer …