As jy ’n kabel kan brei, kan jy vir jou so ’n sirkelserp brei en sommer ook ’n mus om daarby te pas
Benodigdhede
SERP
Jy kan enige twee dik breidrade saam gebruik om so ’n bonkige vlegsel te kry. Hoe dikker die breidraad, hoe dikker en mooier die vlegsel. Gebruik dik breinnaalde waarmee jy gemaklik kan brei. Jou werk moenie te styf wees nie, anders gaan jy sukkel om kabels te maak. Ek het die volgende gebruik: 1 x 100 g-bal ELLE ESCAPADE (Mulberry Burst) en 2 x 50 g-balle ELLE GOLD (Plum) een paar 8 mm-breinaalde kabelnaald
MUS
2 x 50 g-balle ELLE GOLD (Plum) een paar 6 mm-naalde kabelnaald
Grootte
Serp: ongeveer 150 cm Mus: pas gemiddelde grootte kop
Afkortings
aw – aweregs; K4A – gl vlg 4 ste op kn na agter, r4, dan r4 van kn; K4V – gl vlg 4 ste op kn na voor, r4, dan r4 van kn; K6A – gl vlg 6 ste op kn na agter, r6, dan r6 van kn; K6V – gl vlg 6 ste op kn na voor, r6, dan r6 van kn; herh – herhaal; kn – kabelnaald; ks – koussteek (1ste ry: r, 2de ry: aw); pat – patroon; r – regs; R(V)K – regte(verkeerde) kant; R(V) KV – regte(verkeerde) kant voor; st(e) – steek(steke); vlg – volgende LET WEL: Behalwe vir 1ste ry, gl deurgaans 1ste st van elke ry van serp en mus vir netjieser rand.
LEES OOK: Brei ‘n serp of bolero
Serp
Met 8 mm-naalde stel 20 ste op. Werk in ks vir 4 rye. Werk kabelvlegsel soos volg: 5de ry: gl1, r6, K6A, r1. 6ste tot 12de ry: ks. 13de ry: gl1, K6V, r6, r1. 14de tot 20ste ry: ks. Herh rye 5 tot 20 tot serp lank genoeg is om twee keer om nek te pas, ongeveer 150 cm, tot ná laaste voltooide kabel. Heg alle ste af.
Om te voltooi
Met regte kante teen mekaar werk twee punte van kabelvlegsel aanmekaar. Draai in syfer agt en drapeer om nek. Sien verpakkingsmateriaal vir versorgingsinstruksies.
Mus
Met 6 mm-naalde stel 37 ste op. 1ste ry: gl1, r4, K4A, r tot einde. 2de ry: r24 tot by kabel, aw12, r1. 3de ry: gl1, r31 (5 ste voor einde), draai. 4de ry: steek naald in 1ste st asof jy gaan r, trek draad styf en gl st op regterkantste naald, r18, aw 12, r1. 5de ry: gl1, r25 (11 ste voor einde), draai. 6de ry: steek naald in 1ste st asof jy gaan r, trek draad styf en gl st op regterkantste naald, r12, aw12, r1. 7de ry: gl1, K4V, r tot einde. 8ste ry: soos 2de ry. 9de ry: soos 3de ry. 10de ry: soos 4de ry. 11de ry: soos 5de ry. 12de ry: soos 6de ry. 1ste tot 12de ry stel pat vas. Gaan voort in pat tot mus op breedste deel (kabelkant) 53-56 cm lank is ná voltooide kabel. Heg af.
LEES OOK: Hekel ‘n warm mus
Om te voltooi
Werk naat agter toe. Sien verpakkingsmateriaal vir versorgingsinstruksies. LW Hierdie patroon is nie in Engels beskikbaar nie.
Een van ons lesers, Christine Daffie, het ‘n video gemaak om jou te help om dié patroon te brei:
Christa is sedert Oktober 1999 deel van die Vrouekeur-span en geniet steeds elke dag haar werk as taalversorger. Sy is mal oor haar kinders, kleinkinders, brei en lees en sommer die lewe in die algemeen. Sy moet net keer …