Met lekker dik breidraad en penne kan jy sommer gou ’n stel plekmatjies vir die feestafel brei
Deur CHRISTA SWANEPOEL
Moeilikheidsgraad: *
Wat het jy nodig?
- Charity Chunky in White, Red en Tiger Lime, maar jy kan enige Chunkybreidraad gebruik
- 5,5 mm-naalde
Mate
Ongeveer 28 cm x 48 cm (sonder tossels)
Brei-inligting
- Jy het altesaam 85 g (wit, rooi en groen) vir elke plekmatjie nodig
- Die plekmatjie word in reksteek gebrei.
- Wissel kleure elke 2, 4, 6 of 8 rye af soos verkies.
- Dek die plekmatjie met die “verkeerde kant” na bo.
Afkortings
rs – reksteek
Aanwysings
Begin met enige kleur, stel 40 ste op en werk deurgaans in rs en wissel kleure af soos verkies tot plekmatjie sowat 42 cm lank is. Heg af.
Om te voltooi
Knip lengtes van 10–12 cm van al drie kleure. Gebruik een van elke kleur saam en maak ’n tossel in elke tweede steek op kort kante van plekmatjie. Knip dit netjies gelyk.
Christa is sedert Oktober 1999 deel van die Vrouekeur-span en geniet steeds elke dag haar werk as taalversorger. Sy is mal oor haar kinders, kleinkinders, brei en lees en sommer die lewe in die algemeen. Sy moet net keer …