Brei hierdie oulike eenstuk vir jou kleinste
Deur CHRISTA SWANEPOEL
Moeilikheidsgraad: **
Wat het jy nodig?
KARTOPU COMFORT (100 g) 1 bal elk in nr K001 (wit – W); K542 (turkoois – T); K1003 (donkergrys – DG) en 2 balle K1001 (liggrys – LG) of kleure van jou keuse
2,5 mm- reguit naalde
2,5 mm-sirkelnaald
2 knopies merkers steekhouers
Afkortings
aw – aweregs; gl – glip; r – regs; r2tes – regs 2 ste tesame; rdte – rondte; RK(V) – regte kant (voor); rs – reksteek; streeppat – streeppatroon; tgso – trek glipsteek oor; vlg – volgende; vmeer – vermeerder; vmin – verminder; weersk – weerskante
Grootte
1–3 maande
Spanning
26 ste en 35 rye = 10 cm oor ks met 2,5 mm-naalde
Brei-inligting
n Die eenstuk word van die bene af boontoe gebrei. n Doen verminderings altyd aan RK-ry. n Verminder weerskante van merker soos volg: werk tot 3 ste voor merker, r2tes, r1, skuif merker oor, r1, gl1, r1, tgso. n Werk kleurstrepe deurgaans soos volg: 4 rye LG, 5 rye T, 5 rye W, 4 rye DG. n ’n Mens kan merkers koop om plek te hou op jou naald, of jy kan stukkie breidraad om die naald knoop, wat jy dan net oorglip as jy daar kom.
Aanwysings
Been
Met 2,5 mm-naalde en DG stel 64 ste op en werk 8 rye in 2×2-rif. Gaan voort in ks en streeppatroon tot werk 3 cm lank is, eindig met VK-ry. Gaan soos volg voort: Vmeer 1 st aan weersk van vlg en elke 4de ry tot 82 ste. Gaan voort sonder om te vorm tot werk 16 cm lank is, eindig met VK-ry. Heg 3 ste aan beg van vlg 2 rye af. 76 ste. Breek draad af. Glip ste op steekhouer. Voltooi ander been net so.
Lyfgedeelte
Met RKV glip albei bene op 2,5 mm-sirkelnaald. 152 ste. Sit merker in middel voor en middel agter en brei van hier af in die rondte. Brei deurgaans regs en begin rondtes in middel agter. Gaan voort in ks en streeppat, TERSELFDERTYD, vmin 2 ste in die middel voor in vlg en vlg alt ry altesaam 6 keer. 140 ste. Verwyder merker middel voor en gaan voort met rondtes en streeppatroon tot werk 30 cm lank is. Brei nou kort rye soos volg vir sitvlak: Begin by merker in middel agter, brei 12 ste, draai, gl 1ste st asof jy dit sou r, trek draad styf en brei 24 ste, draai, gl 1ste st asof jy dit sou r, trek draad styf en brei heen en weer en elke keer 12 ste verder voor elke draai 8 keer. Brei nou weer in die rondte, TERSELFDERTYD, vmin 16 ste eweredig in die rdte. 124 ste. Brei 2 rye aw. Met W brei 16 rye in 2×2-rif. Met T of DG brei 2 rye aw. Gaan voort in LG en ks en vmin eweredig 2 ste oor voorkant en 2 ste oor agterkant. 120 sts. Gaan voort in ks en LG tot werk 38 cm lank is (aan voorkant gemeet), eindig met VK-ry.
Vlg ry: heg 4 ste aan weersk af vir mousgat. Voltooi rdte tot agter en breek draad af. Brei nou voor- en agterpant afsonderlik. 56 ste op voor- en agterpant.
Voorpant
Heg draad aan voorpant en werk van hier af in rs, TERSELFDERTYD, vmin 1 st aan weersk van vlg en vlg alt rye tot 40 ste.
Halsvorming Heg middelste 12 ste af vir nek en voltooi albei kante afsonderlik soos volg: Gaan voort in rs en vmin 1 st aan hals se kant in elke alt ry tot 9 ste. Gaan voort tot werk 48 cm lank is, eindig met VK-ry.
Knoopsgatry: r3, r2tes, don, r4. Werk 2 rye in rs. Heg af. Voltooi twee helfte van voorpant, maar spieëlbeeld daarvan.
Agterpant
Heg af vir mousgate soos voorpant. 40 ste. Gaan voort sonder om te vorm tot mousgat 8 cm lank is, eindig met VK-ry.
Vlg ry: heg middelste 18 ste af. Gaan voort in rs en vmin 1 st aan hals se kant in elke alt ry tot 9 ste. Gaan voort tot mousgat 11 cm lank is. Heg af. Herhaal vir ander kant.
Om te voltooi
Werk beennate toe. Werk knopies aan.
Kartopu-breidraad beskikbaar by Elite Fabrics in East Lynne, Pretoria, 012 800 1541, of bel Ashraf by 082 920 8844 vir jou naaste verskaffer
Christa is sedert Oktober 1999 deel van die Vrouekeur-span en geniet steeds elke dag haar werk as taalversorger. Sy is mal oor haar kinders, kleinkinders, brei en lees en sommer die lewe in die algemeen. Sy moet net keer …