Met drie blokke maak jy hierdie mooi oortrui
Deur: Christa Swanepoel
Benodigdhede
- 6 balle ELLE PURE GOLD DK (100 g) in Firebrick
- 4 mm-naalde
- 4 mm-hekelnaald
Grootte
Pas M–G
Agterpant:52 cm x 68 cm
Voorpante: 52 cm x 52 cm
LEES OOK: Brei ’n maklike en gemaklike trui
Afkortings
aw – aweregs
herh – herhaal
kb – kortbeen
patst – patroonsteek
r – regs
Patroonsteek
(Veelvoud van 10)
1ste ry: *aw4, r1, aw1, r4, herh van * tot einde.
2de ry: *aw3, r2, aw2, r3, herh van * tot einde.
3de ry: *aw2, r2, aw1, r1, aw2, r2, herh van * tot einde.
4de ry: *aw1, r2, aw2, r2, aw2, r1, herh van * tot einde.
5de ry: *r2, aw3, r3, aw2, herh van * tot einde.
6de ry: *r1, aw4, r4, aw1, herh van * tot einde.
Herh 1ste tot 6de ry.
LEES OOK: Die gemaskerde breier: Ouderdom
Wenke
- Brei dit in enige patroonsteek wat jy verkies
- Grootte kan maklik aangepas word deur pante breër en langer te brei
Aanwysings
AGTERPANT
Stel 130 ste op en werk in patst tot agterpant sowat 52 cm lank is. Heg af.
VOORPANTE (dieselfde)
Stel 100 ste op en werk in patst tot voorpant sowat 52 cm lank is. Heg af.
Om te voltooi
Met regte kante op mekaar werk voorpante weerskante aan agterpant vas met mousgate van ongeveer 20 cm of soos verkies.
Met RKV begin regs onder by voorpant en hekel twee rye kortbene om voorkant, hals en ander voorpant. Heg af. Knip stringe van sowat 10 cm en knoop ‘n ry fraiings onderom (opsioneel).
Christa is sedert Oktober 1999 deel van die Vrouekeur-span en geniet steeds elke dag haar werk as taalversorger. Sy is mal oor haar kinders, kleinkinders, brei en lees en sommer die lewe in die algemeen. Sy moet net keer …