Brei vir jou ’n paar stelletjies in verskillende kleure
Christa Swanepoel
BENODIGHEDE
• 1 bal ELLE PREMIER NATURAL COTTON DK in Nutty of kleur van jou keuse
• 10 mm-breinaalde vir halsversiering
• 3,25 mm-breinaalde vir armband
• Serpring (te koop by handwerkwinkels)
• Sowat 35 houtkraletjies
• Enige versiering van jou keuse
AFKORTINGS
ms – mossteek 1ste ry: (r1, aw1) tot einde. 2de ry: aweregs r-steke en regs aw-steke
r – regs
rs – reksteek (elke ry regs)
HALSVERSIERING
1. Met 10 mm-naalde stel 40 ste op.
2. Werk in rs deurgaans tot werk sowat 60 cm lank is. Heg af.
Om te voltooi
Ryg werk deur serpring. Werk twee kort kante aan mekaar en trek dit effens in. Skuif las tot in serpring. As serpring plek vir hangertjie het, hang gelukbringer of kraletjies daaraan as versiering.
ARMBAND
1. Ryg sowat 30 kraletjies op breidraad.
2. Met 3,25 mm-naalde stel 7 ste op.
3. Werk in ms deurgaans en brei een of twee kraletjies elke paar rye aan regte kant in soos volg: Bring kraletjie tot teen werk en brei steek gewoonweg om kraletjie vas te vang. Moet dit nie te styf trek nie sodat dit losweg aan bokant sit.
4. Gaan voort tot armband ongeveer 21 cm lank is of lank genoeg om om jou arm te pas (dit rek effens). Heg af.
Om te voltooi
Met verkeerde kante teen mekaar, werk kort kante aan mekaar.
SOURCES
Elmarie Knapton
Christa is sedert Oktober 1999 deel van die Vrouekeur-span en geniet steeds elke dag haar werk as taalversorger. Sy is mal oor haar kinders, kleinkinders, brei en lees en sommer die lewe in die algemeen. Sy moet net keer …