Hierdie mooi gestreepte beenkouse hou jou bene warm en laat jou sommer vroliker voel op ’n trietsige dag
CHRISTA SWANEPOEL
WAT HET JY NODIG?
1 bal elk ELLE PURE GOLD 4-draad (100 g)
in Honey, Midnight, Chilli, Clover en Ivory
3,25 mm-naalde
AFKORTINGS
aw – aweregs
ggr – gl vlg 2 ste asof jy dit sou r, een op ’n keer, op regterkantste naald, steek linkerkantste naald aan voorkant van hierdie
2 ste in en r dit tesame
r – regs
r2tes – regs 2 ste tesame
VK – verkeerde kant
vmin – verminder
BREI-INLIGTING
Wissel kleure af soos verkies en maak albei
dieselfde.
AANWYSINGS
Met 3,25 mm-naalde stel 78 ste op.
1ste ry: (r1, aw1) tot einde.
2de ry: (r1, aw1) tot einde.
Hierdie 2 rye stel 1×1-rif vas.
Werk in 1×1-rif vir 5 cm, eindig met VK-ry.
Vlg ry: r.
Vlg ry: aw.
Hierdie 2 rye stel ks (koussteek) vas.
Werk in ks vir sowat 4 cm, eindig met VK-ry.
Vlg ry (vminry): (r2tes) tot laaste st, ggr.
Gaan voort in ks en werk vminry elke
4,5 cm 11 keer. 54 ste.
Gaan voort in ks vir 2,5 cm.
Werk in 1×1-rif vir 5 cm.
Heg lossies af.
Werk naat netjies toe.
SOURCES
Elmarie Knapton
Christa is sedert Oktober 1999 deel van die Vrouekeur-span en geniet steeds elke dag haar werk as taalversorger. Sy is mal oor haar kinders, kleinkinders, brei en lees en sommer die lewe in die algemeen. Sy moet net keer …