Brei vyf verskillende patrone vir balle wat klein handjies lekker kan vasvat
Deur CHRISTA SWANEPOEL Foto’s ELMARIE KNAPTON
Wenke
- Gebruik kleure van jou keuse
- Sit ’n klokkie in die bal as jy dit opstop
- Werk telkens toe met regte kante op mekaar
- Gebruik Chunky-breidraad vir groter balle
Afkortings
aw – aweregs; dies – dieselfde; gl1 – glip 1 steek regsgewys; m1 – maak 1 steek; r – regs; rva – regs voor en agter in dieselfde steek; tgso – trek glipsteek oor, vmeer – vermeerder; vmin – verminder; weersk – weerskante
Wat het jy nodig?
- Verskeidenheid kleure DK-breidraad
- 4 mm-naalde
- Sagte stopsel
Bal met ses vierkante
Maak 6 in verskillende kleure
Stel 25 ste op.
1ste ry: r11, gl1, r2tes, tgso, r11. 23 ste.
2de en elke alt ry: aw.
3de ry: r10, gl1, r2tes, tgso, r10. 21 ste.
5de ry: r9, gl1, r2tes, tgso, r9. 19 ste.
7de ry: r8, gl1, r2tes, tgso, r8. 17 ste,
8ste ry: r7, gl1 r2tes, tgso, r7. 15 ste.
Gaan so voort tot 3 ste.
Vlg ry: gl1, r2tes, tgso. Heg af.
Om te voltooi
Werk ses vierkante vas soos dobbelsteen, maar laat opening om te stop. Stop op sodat dit rond is. Werk opening toe.
Bal met vyfhoeke
Maak 12 in ses verskillende kleure
Stel 11 ste op.
1ste ry: r in agterkant van elke st tot einde.
2de tot 4de ry: r.
5de ry: rva, r tot laaste st, rva. 13 ste.
6de tot 9de ry: r.
10de ry: rva, r tot laaste st, rva. 15 ste.
11de tot 14de ry: r.
15de ry: rva, r tot laaste st, rva. 17 ste.
Werk 6 rye regs sonder om te vorm.
Vlg ry: gl1, r1, tgso, r tot laaste 2 ste, r2tes. 15 ste.
Vlg ry: r.
Herh laaste 2 rye tot 5 ste.
Vlg ry: r2tes, r1, r2tes. 3 ste.
Vlg ry: r3tes. Heg af.
Om te voltooi
Werk vyf vyfhoeke op sye van een vyfhoek vas. Herhaal met ander ses vyfhoeke. Werk twee dele aan mekaar vas soos op foto.
Strandbal
Maak 7 stroke
Stel 2 ste op.
1ste ry: aw.
2de ry: rva in 1ste st, rva in 2de st. 4 ste.
3de ry: aw.
4de ry: r1, m1 (tel st op tussen ste en werk agterin lus), r tot laaste st, m1, r1.
6 ste.
5de ry: aw.
6de ry: r.
7de ry: aw.
Herh laaste 4 rye tot 10 ste.
Werk in ks vir 7,5 cm, eindig met VK-ry.
Vlg ry: r1, gl1, r1, tgso, r tot laaste 3 ste, r2tes, r1. 8 ste.
Vlg ry: aw.
Vlg ry: r.
Vlg ry: aw.
Vlg ry: r1, gl1, r1, tgso, r tot laaste 3 ste, r2tes, r1. 6 ste.
Vlg ry: aw.
Herh laaste 2 rye tot 2 ste.
Vlg ry: aw.
Vlg ry: r2tes, heg af.
Om te voltooi
Werk stroke aan mekaar. Laat opening om te stop. Stop op en werk toe.
Rugbybal
In een deel
Stel 6 ste op.
1ste en elke alt ry: aw.
2de ry: (r1, m1, r1) 3 keer. 9 ste.
4de ry: (r1, m1, r1, m1, r1) 3 keer. 15 ste.
6de ry: (r1, m1, r3, m1, r1) 3 keer. 21 ste.
8ste ry: (r1, m1, r5, m1, r1) 3 keer. 27 ste.
10de ry: (r1, m1, r7, m1, r1) 3 keer. 33 ste.
12de ry: (r1, m1, r9, m1, r1) 3 keer. 39 ste.
Gaan só voort tot 81 ste.
Werk 11 rye ks sonder om te vorm.
38ste ry: (r1, r2tes, r21, r2tes, r1) 3 keer. 75 ste.
Herh laaste ry tot 15 ste.
Vlg RK-ry: (r2tes, r1, r2tes) 3 keer. 9 ste.
Vlg ry: aw.
Breek draad lank af, ryg deur 9 ste, trek styf en werk vas.
Om te voltooi
Werk naat toe, maar laat opening om te stop. Stop en vorm soos rugbybal. Werk toe. Met wit breidraad, werk “veters” aan een kant oor lengte.
Bal met stroke
Maak 6
Stel 20 ste op en werk 68 rye (sowat 30 cm). Heg af. Breiwerk krul self op – dis nie nodig om lengtes toe te werk nie.
Om te voltooi
Dit verg kophou om dit aanmekaar te sit, maar dis die moeite werd. Die maklikste om dit te verduidelik is om dit as ’n “boksie” te beskou. Werk twee stroke se kort kante toe sodat jy twee ringe het. Ryg volgende twee stroke dwars bo en onder ringe deur en werk punte toe. Ryg nou laaste twee stroke (aan die kant van “boksie”) bo en onder voltooide ringe deur en werk kort punte toe. Vorm dit in ’n bal.
Christa is sedert Oktober 1999 deel van die Vrouekeur-span en geniet steeds elke dag haar werk as taalversorger. Sy is mal oor haar kinders, kleinkinders, brei en lees en sommer die lewe in die algemeen. Sy moet net keer …