’n Mooi fyn truitjie vir ’n spesiale dogtertjie
Deur: Christa Swanepoel
Wat het jy nodig?
3(3; 4; 5) balle ELLE PURE GOLD DK (100 g) in Pale Rose
4 mm-naalde
Grootte
Pas 2(4; 6; 8) j
Afkortings
aw – aweregs
don – draad om naald
gl – glip
herh – herhaal
oorbl – oorblywende
pat – patroon
r – regs
rs – reksteek (elke ry regs)
tgso – trek glipsteek oor
vmeer – vermeerder
vmin – verminder
weersk – weerskante
LEES OOK: Brei ’n maklike en gemaklike trui
Patroonsteke
1 Kantpatroon
1ste ry: r2, *don, r3, gl2, r1, tgso, r3, don, r1, herh van * en eindig met r1.
2de ry: aw.
3de ry: soos 1ste ry.
4de ry: r.
Herh 1ste tot 4de ry.
2 Sig-sag-patroon
1ste ry: r2, *aw1, r7, herh van * en eindig met r2.
2de ry: aw2, *r1, aw5, r1, aw1, herh van * en eindig met aw2.
3de ry: r2, *r2, aw1, r3, aw1, r1, herh van * en eindig met r2.
4de ry: aw2, *aw2, r1, aw1, r1, aw3, herh van * tot einde en eindig met aw2.
5de ry: r2, *r4, aw1, r3, herh van * en eindig met r2.
6de ry: aw.
Aanwysings
AGTERPANT
Stel 73(83; 93;103) ste op en herh kantpat 3 keer.
Werk 4 rye in rs en vmin 11 ste eweredig oor ry. 68(76; 84; 92) ste.
Beg met sig-sag-patroon en gaan voort tot agterpant 20(23; 38; 30) cm lank is, eindig met VK-ry.
Mousgatvorming
Heg 4(6; 7; 8) ste aan beg van vlg 2 rye af. 60(64; 70; 76) ste.
Gaan voort sonder om te vorm tot agterpant 34(39; 46; 50) cm lank is, eindig met VK-ry.
Heg 16(17; 18; 21) ste aan beg van vlg 2 rye af. Heg oorbl 28(30; 34; 34) ste af.
VOORPANT
Werk soos agterpant tot voorpant sowat 28(33; 39; 43) cm lank is, eindig met VK-ry.
Vlg ry: pat 21(23; 26; 29), heg 2de bal breidraad, heg 18 ste af en pat tot einde. Voltooi nou skouers apart soos volg: vmin 1 st aan nekrand in elke RK-ry 4(5; 7; 7) keer. 17(18; 19; 22) ste.
Gaan voort sonder om te vorm tot so lank soos agterpant. Heg af.
MOUE
Stel 40 ste op en werk 4 rye in rs.
Gaan voort in ks en vmeer 1 st aan weersk van elke 4de ry 0(9; 15; 18) keer, dan elke 6de ry 9(5; 2; 1) keer. Gaan voort sonder om te vorm tot mou 26,5(33; 36; 39) cm lank is, eindig met VK-ry. Heg af.
HALSRAND
Werk regterskouernaat toe. Met RKV tel op en r 27(29; 33; 33) ste oor nek agter, 11(10; 13; 13) ste oor sykant van nek, 19 ste oor nek voor, 11(10; 13; 13) ste oor sykant van nek. 68(68; 78; 78) ste.
Werk 6 rye in rs, Heg af.
LEES OOK: Brei ’n maklike trui vir ’n seun
Om te voltooi
Werk linkerskouer- en nekbandnaat toe. Werk mou- en synate toe. Sien verpakkingsmateriaal vir versorgingsinstruksies.
Christa is sedert Oktober 1999 deel van die Vrouekeur-span en geniet steeds elke dag haar werk as taalversorger. Sy is mal oor haar kinders, kleinkinders, brei en lees en sommer die lewe in die algemeen. Sy moet net keer …