Pas hierdie patroon vir enige grootte en breidraad aan
CHRISTA SWANEPOEL
Wat het jy nodig?
Vir grootte: 86 cm 1 bal ELLE FAMILY KNIT CHUNKY in Springbok Green
2 balle ELLE CHARITY SERIOUSLY CHUNKY in Windflower
6 mm-hekelnaald
Afkortings
kb – kortbeen
lb – langbeen
Mate
Pas die patroon vir jou aan soos volg: Meet van skouer tot skouer (waar mousgate gaan kom). Hekel ’n toetslappie met lb met die Family Knit Chunky. Werk hiervolgens uit hoeveel ks jy moet maak om oor breedte van ruggedeelte te pas. Die lengte van ruggedeelte is mousgatgrootte (tot net onder arm).
Aanwysings
Vir grootte: 86 cm Met 6 mm-hekelnaald en Family Knit maak 26 ks.
1ste ry: 3 ks (tel as lb), 1 lb in elke ks tot einde.
Herh 1ste ry tot ruggedeelte tot net onder arm kom – sowat 10 rye.
Aan einde van ry maak 20 ks en heg aan bokant van 1ste lb aan teenoorgestelde kant van kort sy (om mousgat te vorm).
Heg af. Heg draad aan boonste punt van lb op ander hoek, maak 20 ks en heg aan lb aan teenoorgestelde kant van kort sy vir tweede mousgat. Heg af.
Gaan soos volg voort: Met Charity, heg draad in 1ste lb op hoek van laaste ry.
1ste rondte: 3 ks (tel as lb), 1 lb in elke lb tot einde, 1 lb in elke ks, 1 lb in elke lb op ander kant en 1 lb in elke ks, gs in 3de st van 3 ks aan begin.
2de tot 4de rondte: 1 lb in elke lb in rondte.
5de rondte (vermeerry): gaan voort in lb en vermeer in rondte deur 2 lb in ongeveer elke 4de lb te maak.
6de tot 9de rondte: 1 lb in elke lb.
10de rondte (vermeerry): gaan voort in lb en vermeer in rondte deur 2 lb in ongeveer elke 6de lb te maak.
Afronding
Werk 2 rye kb met effe kleur.
SOURCES
Elmarie Knapton
Christa is sedert Oktober 1999 deel van die Vrouekeur-span en geniet steeds elke dag haar werk as taalversorger. Sy is mal oor haar kinders, kleinkinders, brei en lees en sommer die lewe in die algemeen. Sy moet net keer …