Ons kan al die ure en minute aftel na die einde van die jaar toe. Ons by die kantoor voel ons kan nie ’n dag langer werk nie.
Deur: CHRISTA SWANEPOEL
Ons is op. Gedaan. Ons sleep onsself soggens werk toe en sluip die middag vaal terug huis toe.
Ek het al dikwels gewonder wat ons sonder ‘n einde van die jaar gemaak het. ‘n 31 Desember en ‘n 1 Januarie. Hoekom maak dit so ‘n groot verskil? Wat maak dit anders as byvoorbeeld 21 Mei en 22 Mei? Dis is aand en dis môre en dis ‘n nuwe dag.
LEES OOK: Die gemaskerde breier: Om te brei of om te lees
Maar 31 Desember en 1 Januarie is in ons koppe ‘n einde en ‘n begin. En dis goed so. Iewers moet ‘n mens voel jy begin op ‘n skoon blaadjie. Jy sien weer kans. Jy maak planne.
Min dinge stop summier. Daar is gewoonlik weer ‘n begin. Selfs die dood is (vir die meeste van ons ten minste) nie die einde nie. My tannie Hester en ek het op ‘n dag diep goed gepraat. Sy sien dit so mooi. ‘n Deur gaan vir jou oop as jy sterf en jy stap deur die deur na ‘n nuwe begin toe. Op haar 80ste verjaardag, waar die hele familie bymekaar was, het almal gevra sy moet iets sê. Sy het gevra of sy liewer iets kan sing. En toe sing sy met haar pragtige suiwer stem: “Soos ‘n wildsbok smag na waters, smag my siel na u, Heer.” En ook die res van die pragtige lied. Sy is elke dag gereed om deur daardie deur te stap. Dis ‘n kosbare herinnering wat ek vir altyd sal onthou.
Die nuwe jaar lê voor met deure wat voor ons oopgaan. Stap deur. Anderkant wag ‘n nuwe begin.
OUMA SE BLOKKIE
Maak 5 ks en gs in 1ste st om ring te vorm.
1ste rdte: 4 ks (tel as lb en 1 ks), *1 lb, 1 ks, herh van * 7 keer, gs in 3de ks aan beg.
2de rdte: gs tot in 1ste ks-sp, 6 ks (tel as lb en 3 ks), *1 lb, 3 ks in vlg ks-sp, herh van * rondom, gs in 3de ks aan beg.
3de rdte: gs tot in ks-sp, 5 ks (tel as lb en 1 ks), 1 lb in dies sp, 2 ks, *(1 lb, 2 ks, 1 lb) in vlg ks-sp, 2 ks, herh van * rondom, gs in 3de ks aan beg.
4de rdte: gs tot in ks-sp, 3 ks (tel as lb), 2 lb in dies ks-sp, 1 ks, *3 lb in vlg ks-sp, 1 ks, herh van * rondom, gs in 3de ks aan beg.
5de rdte: gs tot in ks-sp, 6 ks (tel as lb en 3 ks), *1 hlb in vlg ks-sp, 3 ks, 1 hlb in vlg ks-sp, 3 ks, 1 lb in vlg ks-sp, 8 ks, 1 lb in vlg ks-sp, herh van * rondom en eindig met 8 ks en gs in 3de ks aan beg.
6de rdte: gs tot in ks-sp, 3 ks (tel as lb), 2 lb in dies ks-sp, 1 ks, (3 lb in vlg ks-sp, 1 ks) 2 keer, (5 lb, 3 ks, 5 lb) in hoek-sp, *(3 lb in vlg ks-sp, 1 ks) 3 keer, (5 lb, 3 ks, 5 lb) in hoek-sp, herh van * rondom, gs in 3de ks aan beg.
7de rdte: 3 ks (tel as lb), 1 lb in elke lb en elke ks-sp rondom en 5 lb in hoek-sp, rondom, gs in 3de ks aan beg. Heg af.
Christa is sedert Oktober 1999 deel van die Vrouekeur-span en geniet steeds elke dag haar werk as taalversorger. Sy is mal oor haar kinders, kleinkinders, brei en lees en sommer die lewe in die algemeen. Sy moet net keer …