Ons vra 32 vinnige vrae aan die skerpskertser, akteur en TV-aanbieder, Schalk Bezuidenhout
1. Beskryf jouself in 3 woorde
Stil, teruggetrokke, skaam.
2. Waar is jy gebore?
Polokwane
3. Gunstelingfliek?
Anchorman
4. Gunstelingdrankie?
Rooiwyn
5. Gunstelingkleur?
Blou
6. Gunstelingkos?
Melktert
7. Gunstelingsanger?
Manie Jackson
8. Gunstelingwoord
Manie Jackson
9. Gunstelinggroente?
Wortels
10. Gunsteling manier van oefen?
Draf
11. Katte of honde?
Honde
12. Tee of koffie?
Koffie
13. Facebook of Instagram?
14. iPhone of Android?
Android
15. Wat wou jy geword het toe jy klein was?
Groot
16. Wat is een ding waarsonder jy nie kan lewe nie?
Manie Jackson
17. Wat is die beste raad wat jy al gekry het?
Kyk, dink en druk ‘n drie!
18. Wat is die beste geskenk wat jy al gekry het?
Asics skoene
19. Wat is die slimste besluit wat jy al gemaak het?
Om nie meer kommentaar op0 Facebook te lees nie
20. Hoe lank neem dit jou om te besluit wat jy gaan aantrek?
Nie te lank nie
21. Wat is die beste winskopie wat jy al gekry het?
Al my klere
22. Watter huistakie haat jy om te doen?
Skottelgoed
23. As jy ‘n sekere ouderdom vir altyd kon bly, watter ouderdom sal dit wees?
30
24. Wat is die laaste fliek of boek wat jou ‘n traan laat pik het?
Die Pro
25. Wat is die moeilikste ding wat jy nog ooit moes doen?
Die Pro kyk
26. Wat het jy gedoen toe jy klein was wat jou in moeilikheid gebring het?
Neus gekrap
27. Wat is die eerste ding wat jy met jou eie geld gekoop het?
Manie Jackson CD
28. Is jy ‘n oggendmens of ‘n naguil?
Altwee
29. Wat is die laaste droom wat jy kan onthou?
Ek droom nie
30. Hoe laat staan jy op in die oggende?
So laat soos wat iemand my nodig het vir iets
31. Het jy enige troeteldiere?
‘n Plant
32. Jou gunstelingliedjie op die oomblik?
Van alle tye: Seal – kiss from a rose