Andrew Bryn Alexander van The Hurst Campus is ‘n bakker soos min. Probeer bietjie sy resep vir speserybriocherolletjies
Maryke Roberts
ROLLETJIES
6 eiers
20 g vars gis of 15 g droë gis
500 g Snowflake-koekmeel
10 g sout
45 g strooisuiker
’n knypie gemaalde naeltjies
10 g Mixed Spice (10 g fyn kaneel, 5 g fyn neutmuskaat en 5 g fyn gemmer)
200 g ongesoute botter
25 g rosyne
25 g sitrusskil
KRUIS
eier, geklits vir verf
100 g koekmeel
70 g water
40 g versiersuiker
GLANSLAGIE
100 ml water
100 g suiker
1. Gooi eiers en gis in mengbak, voeg meel, sout, suiker en speserye by en meng vir ongeveer 3-5 minute tot deeg goed deurgemeng is. Jy wil die gluten goed ontwikkel, amper soos ’n dun glasvenstertjie. (As jy die deeg trek, moet dit soos ’n glaspaneeltjie trek en effe klewerig en klam voel).
2. Voeg botter stadig by en knie stadig tot dit heeltemal deurgewerk is. Wanneer die botter goed ingewerk is, moet deeg klam voel, maar nie klewerig nie.
3. Meng vrugte teen lae spoed by. Sit deeg in bak, draai toe en laat oornag in yskas rus.
4. Haal volgende dag uit yskas en laat dit teen kamertemperatuur vir ongeveer uur rys.
5. Verdeel deeg in balletjies (ongeveer 11) en sit op bakplaat met bakpapier. Laat vir 30-45 minute rys of tot in grootte verdubbel. Verf rolletjies met eier.
6. Kruis Meng bestanddele, sit in versiersak en maak kruise op elke rolletjie.
7. Bak teen 180 ºC vir ongeveer 25 minute of goudbruin.
8. Glanslagie Net voor rolletjies uit oond kom, verhit glansbestanddele tot kookpunt in kastrol en verf oor rolletjies as dit uit oond kom.