Hier is Rina Hugo in 26 woorde.
A Appel: Ek moet baie honger wees voor ek ‘n appel eet!
B Braaivleis: Een van my groot tydverdrywe.
C CSO (Christelike Seemansorganisasie) Ek is nou al 20 jaar intens by die CSO betrokke. Dié organisasie skenk Bybels aan seemanne in hul moedertaal.
D Dans: Ek wens ek het dansklasse geneem. Ek sou graag goed wou dans.
E Eet: Om met ‘n lekker bord kos saam met vriende te kuier.
F Federer (Roger): Ek is ‘n groot aanhanger van dié tennisspeler.
G Geloof: My geloof het my deur my hele lewe gedra.
H Hekel: Ek hekel graag en maak vir almal wat geesdriftig lyk ‘n kombers.
I Inpak: Ek haat dit om ‘n tas in te pak.
J Johan: My dierbare man; ons is nou al 48 jaar getroud!
K Kinders: Ek kan my nie my lewe sonder my kinders indink nie.
L Lag: Ek lag graag.
M Mooi: Mooi musiek, mooi natuurskoon, mooi harte.
N Nag: Dis dán wanneer Johan my oor die sterre leer.
O Oggend: Een van die mooiste tye van die dag vir my.
P Pannekoek: Ek is versot op basaar-pannekoek.
Q Queen: Ek is baie lief om alles te lees en op TV te kyk wat met die koningsgesin te doen het.
R Rina: My jongste kleindogter is na my genoem en dit was vir my nogal ‘n emosionele oomblik toe ek dit hoor.
S See: Ek is baie lief vir die see, strand, sand en son.
T Tennis: As dit tennistyd op TV is, kry jy my nie daar weg nie.
U Uitpak: Ek haat uitpak.
V Ver: Ek het baie ver paaie in my lewe gery. Ek kan darem sê ek ken my land goed.
W Water: Ek drink te min water.
X Soen? Dis ‘n spesiale groet én romanties!
Y Ys: Johan sê hy’t nog nooit iemand gesien wat so baie ys by haar wyn gooi soos ek nie!
Z Zebra: Laat my aan die Bosveld dink.