Nege vrae aan Toks van der Linde, aanbieder van kykNET se Toks ’n Tops:
Watter tipe terugvoering kry julle van kykers – maak hulle voorstelle oor gaste ensovoorts?
Ons kry baie positiewe terugvoering en ons steur ons nie aan kritiek nie. Ons doen ons bes en dit is vir die meeste mense lekker.
Hoe voel jy oor die Springbokke se beeld onder die publiek?
Politiek is ’n groot probleem, maar as die Springbokke dit kan uitsorteer soos die Blitsbokke en die Proteas-krieketspan, kan dit net beter gaan.
Verlang jy terug na jou rugbydae?
Elke keer as ek deur die tonnel op die veld stap, dink ek aan daardie wonderlike dae.
Wie is volgens jou die grootste rugbyspeler van alle tye?
Dis moeilik om te sê. Daar is baie.
Na wie kyk jy op?
My pa en ma.
Wie het vir jou die beste raad gegee?
My ouers.
Waarna kan kykers in die res van 2017 op die program uitsien?
Ons probeer elke program uniek maak.
Wat is die grootste kompliment wat jy al in jou lewe ontvang het?
Bliksem, jy het maer geword!
Kyk jy ooit weer na ou programme en probeer verbeter of is jy gemaklik met elkeen?
Ek kyk min TV. Jy is so goed soos jou laaste program.