Jacaranda FM het vandag onthul dat bekroonde TV- en radiopersoonlikheid en ma-trepreneur, Elana Afrika-Bredenkamp, binnekort by die stasie sal aansluit.
Vanaf 1 Augustus 2018 sal Afrika-Bredenkamp die WorkZone, weeksdae tussen 9vm en 12uur aanbied en oorneem by Mack Rapapali wat na ‘n aand-tydgleuf skuif.
Elana is een van die mees welbekende en geliefde persoonlikhede op die Suid-Afrikaanse vermaaklikheidstoneel. Sy sal voortgaan met haar werk aan huidige en nuwe TV-programme, sowel as haar aanbieding van ouerskap-inspirasie op Elana Afrika’s Baby Brunch, wat op Jacaranda FM se podsendingstuiste, JacPod, te vinde is.
Haar primêre fokus sal egter daarop wees om seker te maak dat die WorkZone sy No-Repeat belofte gestand doen met al Jacaranda FM se gunsteling kunstenaars, eersteklas inhoud en gereëlde nuus- en verskeersverslae.
“Om ‘n aanbieder van Elana se kaliber en charisma aan boord te bring voeg verdere gravitas tot ons daaglikse program. Sy’s reeds ‘n bewese gunsteling met haar rolle in televisie en radio en ons gehoor sal mal wees oor haar”, sê Jacaranda FM se Algemene Bestuurder, Kevin Fine.
“Om terug te keer na Jacaranda FM voel soos huis,” sê Afrika-Bredenkamp. “Ek wou nog altyd my talent vir ‘n goeie doel aanwend – die wonderlike span by hierdie radiostasie verstaan positiewe verandering en die impak van teruggee en ek is opgewonde om deel te wees daarvan! Sien julle 1 Augustus!”
In ander programveranderinge skuif Mack Rapapali na 10nm – 1vm, Maandae tot Donderdae nagte.
Persvrystelling: Jacaranda FM – Julie 2018